Die gewag op die uitslae by die ANC se verkiesingskonferensie in Johannesburg het Twitter-gebruikers moedeloos én vol grappies.
#ANC54 is die top-hutsmerk in Suid-Afrika op Twitter en die opmerkings vlieg heen en weer.
Rhoda Moeti sê sy kan net nie meer wag nie, en dat sy al die hele naweek voor die TV sit in afwagting.
@Nomfundo_m19 is ook gretig dat die uitslae nou moet kom.
"Gelekte" uitslae uit die verkiesingsaal het menige Twitter-gebruiker al vir 'n vale laat hertwiet. Maar N'a Mlambya sien dwarsdeur dié fopnuus.
@moland23 se naels is al weggekou, net die vingers bly oor.
Muhammad Nathie is effe meer sinies oor die lang wag en meen dis maar dieselfde ou storie as die gewag op dienslewering van die regering.
Rakgadi Dimpho vergelyk die gewag met die afwagting op die matriekuitslae.
@jfkunene het 'n kwinkslag getwiet oor die rand wat 'n afgevaardigde by die konferensie is.
@SpokenSam het solank die lang gewag gebruik om met praktiese oplossings vir die nuwe ANC-leier vorendag te kom. Hy meen pres. Jacob Zuma moet as minister van onderwys aangestel word sodat hy die gratis onderrig wat hy aangekondig het, kan implementeer.




















