COVID-19 | SOE verklaar Covid-tenders ongeldig

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Hier is die jongste syfers in grafika:

2022-06-07 16:19:09

SOE verklaar Covid-tenders ongeldig

Die spesiale ondersoekeenheid (SOE) se spesiale tribunaal het gelas dat die Nasionale Gesondheidslaboratoriumdiens (NHLS) die Gautengse sakeman Hamilton Ndlovu en sy maatskappye op sy databasis van ongemagtigde verskaffers moet plaas.

Die SOE het Dinsdag aangekondig die Covid-19-verwante kontrakte ter waarde R172 miljoen wat aan Ndlovu toegeken is, is nou nietig verklaar en hy moet ’n groot gedeelte daarvan terugbetaal.

Die SOE se ondersoek het ook getoon dat omtrent R15 miljoen daarvan gebruik is om die kontrakte te diens.

Lees die volledige berig hier.2022-06-07 11:36:31

Namibië ook nou op CDC-klassifikasie vir vlak 3

Die Amerikaanse sentrums vir siektebeheer en -voorkoming (CDC) het vier plekke by hul hoërisikobestemmings vir Covid-19 gevoeg, insluitend Namibië en 'n klein nasie in die Karibiese see.

Sint Kitts en Nevis, deel van die Benedewindse Eilande oos van Puerto Rico, is Maandag op vlak 3 geplaas. Die bestemming is bekend vir sy welige plantegroei, hoë berge en pragtige strande.

Die CDC het sy groeperingstelsel vir die ontleding van Covid-19-risko vir reisigers bygewerk.

Die vlak 3-kategorie vir hoërisikobestemmings is nou die hoogste wat risikovlakke betref. Vlak 2 word as matige risiko beskou en vlak 1 is lae risiko.

Vlak 4, wat voorheen die hoogste risikokategorie was, word nou slegs vir spesiale omstandighede beperk soos uiters hoë gevalleladings, die voorkoms van nuwe kommerwekkende variante of die ineenstorting van die gesondheidstelsel. Geen bestemmings is tot dusver onder die nuwe stelsel op vlak 4 geplaas nie.

Die vlak 3-kategorie is nou van toepassing op lande wat in die afgelope 28 dae meer as 100 gevalle per 100 000 inwoners gehad het.

Daar was op 6 Junie sowat 115 bestemmings, waaronder Suid-Afrika, op vlak 3. Hierdie lande maak nou bykans die helfte van die nagenoeg 235 plekke uit wat deur die CDC gemonitor word.

Die nuwe toevoegings op die lys van lande op vlak 3 is:

• Guiana

• Mongolië

• Namibië

• St. Kitts en Nevis. – CNN

2022-06-07 09:46:55

2022-06-07 09:29:49

Johnsonwil nou sy posisie versterk

Boris Johnson, Britse premier, wat Maandagaand ’n mosie van wantroue oorleef het wat deur lede van sy Konserwatiewe Party voor die Britse laerhuis gebring is, sê hy kan nou weer op sy politieke prioriteite fokus.

Reuters berig hy vergader Dinsdag met senior ministers oor 'n aantal nuwe beleide in 'n poging om sy posisie as partyleier te versterk.

Die mosie het gevolg op maande se omstredenheid oor partytjies wat tydens die Covid-19-inperkings by 10 Downing Street gehou is.

Baie lede van sy party is gefrustreerd omdat hulle omstrede beleidsrigtings moet verdedig, waarna die regering dan ’n U-draai maak.

So is ’n meevallerbelasting op energiemaatskappye deur die Arbeiders voorgestel en deur Johnson verwerp voordat hy later die idee aangeneem het.

Ongeag die uitslag was die stemming self ’n slag vir Johnson.

Dit is veroorsaak deur 15% van Konserwatiewe LP’s wat briewe van wantroue ingedien het teen ’n leier wat die party in 2019 na sy grootste algemene verkiesingsoorwinning in meer as drie dekades gelei het.

Onder die huidige reëls sal Tory-LP’s nie toegelaat word om nog ’n wantrouestemming binne ’n jaar te hou nie. Dit sou egter moontlik wees om die reëls te verander om gouer weer ’n stemming te hou. – Bloomberg

2022-06-07 06:19:42

Boris Johnson oorleef wantroue-mosie in Britse laerhuis

Boris Johnson, premier van Brittanje, het ‘n mosie van wantroue in sy leierskap oorleef wat deur lede van sy Konserwatiewe Party voor die Britse laerhuis gebring is.

Johnson het 211 stemme ten gunste van sy leierskap ontvang, teenoor 148 wat hom verwyder wou hê, volgens Graham Brady, voorsitter van die komitee wat die stemmery behartig het.

Die mosie het gevolg op maande van omstredenheid weens partytjies by 10 Downing Street in Londen tydens die Covid-19-inperkings. – Reuters

2022-06-07 05:44:25

2022-06-07 05:44:22

Aktiewe gevalle

Daar is altesame 27 723 aktiewe gevalle landwyd.

So lyk die syfers per provinsie:

Gauteng: 4 025

KwaZulu-Natal: 5 847

Limpopo: 125

Mpumalanga: 706

Noord-Kaap: 3 221

Noordwes: 806

Oos-Kaap: 1 552

Vrystaat: 2 795

Wes-Kaap: 8 646

2022-06-07 05:44:19

2022-06-07 05:44:16

Jongste syfers

Nuwe infeksies:

726 nuwe gevalle is aangemeld wat die kumulatiewe syfer tot 3 968 931 laat styg het.

Sterftesyfer

Nog 33 mense is dood. Dit bring die sterftesyfer op 101 350 te staan.

Herstelsyfer

Uit die 3 968 931 gevalle het 3 839 585 mense al herstel. Dit verteenwoordig 'n herstelkoers van 96,7%.

Inentings

Altesame 36 277 964 dosisse entstof is reeds toegedien.

SPELETJIES VANDAG

CTA