COVID-19 | Volg die jongste nuus oor die pandemie hier

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Hier is die jongste syfers in grafika:

2022-05-27 18:18:15

Jongste syfers

Daar is die afgelope 24 uur 3 274 nuwe gevalle aangemeld, wat die totaal op 3 948 119 te staan bring.

Die positiwiteitskoers is 13,8%.

In die afgelope 24 tot 48 uur was daar 15 sterftes. Die sterftesyfer staan nou op 101 128.

Altesame 23 666 toetse is die afgelope 24 uur uitgevoer.

2022-05-27 15:04:25

Britse regeringsman bedank oor 'toksiese' kultuur

‘n Konserwatiewe party-assistent van die Britse minister van binnelandse sake het Vrydag bedank omdat sy werksaamhede deur ’n “toksiese” kultuur in Downing Street 10 belemmer word.

Dit is soos wat dit beskryf is in die omvattende verslag oor partytjies wat tydens die inperking gehou is. Die Gray-verslag is Woensdag uitgereik waarin besonderhede bekend gemaak is oor ‘n klomp onwettige inperking-partytjies by premier Boris Johnson se kantoor in Downing Street 10. Johnson het gesê hy neem verantwoordelikheid daarvoor, maar hy het geweier om te bedank.

Paul Homes sê hy bedank uit sy pos as private sekretaris om te fokus op sy kiesers.

“Dit is vir my duidelik dat daar ‘n groot wantroue in die regering en die Konserwatiewe party weens die gebeure ontstaan het. Dit is ontstellend dat die werksaamhede besmet word deur die toksiese kultuur wat in nommer 10 ontstaan het,” sê hy in ‘n verklaring. - Reuters

2022-05-27 13:31:03

Derduisende dosisse entstof verval in Switserland

Switserland gaan meer as 620 000 dosisse Moderna-entstof teen Covid-19 vernietig omdat dit verval het, het gesondheidswerkers Vrydag gesê.

"Daar word algemeen aanvaar dat te veel entstof onder sekere omstandighede vir Switserland se behoeftes vervaardig word," sê 'n woordvoerder.

Die land het 34 miljoen dossise entstof teen Covid-19 vir vanjaar vir sy bevolking van 8,7 miljoen gereël. Die land het in Februarie gesê hy gaan tot 15 miljoen oorskot dosisse aan armer lande skenk.

Reeds 70% van die land se bevolking het minstens een dosis ontvang.

Tot dusver is 13 325 mense in die land aan die virus dood, terwyl 3,7 miljoen gevalle aangemeld is. – Reuters

2022-05-27 12:07:20

Shanghai doen verdere stappe om inperking op te hef

Shanghai het Vrydag meer stappe gedoen met die oog daarop om sy Covid-19-inperkings op te hef, terwyl Beijing gevalle ondersoek het waar sy streng maatreëls ander mediese behandelings raak.

Dit kom terwyl China skouer aan die wiel sit met sy ongelyke beëindiging van inperkings.

Shanghai en Beijing, onderskeidelik die finansiële spilpunt en hoofstad, was brandpunte met ’n streng inperking van twee maande en streng perke op mense se bewegings wat daar gegeld het om ’n koronavirus-toename in Shanghai in sy spore te stuit en om ’n klein, maar hardnekkige uitbreking in Beijing uit te roei.

Terwyl Shanghai, China se digs bevolkte stad, daarna mik om sy inperking Woensdag te beëindig, het die owerhede oor die afgelope week meer mense toegelaat om uit hul huise te gaan en meer sakeondernemings om te heropen. Die meeste inwoners bly egter beperk tot hul woongebiede terwyl die meeste winkels net aflewerings kan doen.

Die distrik van Pudong waarin die hawe en Shanghai se grootste lughawe geleë is, het Vrydag 115 busroetes heropen. – Reuters

2022-05-27 11:17:47

Discovery se berg kontant groei, want lede gaan min dokter toe

Die grootste mediese fonds in die land, Discovery Health Medical Scheme (DHMS), is bekommerd oor sy lede wat in die afgelope jaar steeds doktersbesoeke en mediese toetse uitgestel het, veral tydens die vlae van die Covid-19-pandemie.

Dit het veroorsaak dat die mediese fonds se berg opgehoopte ledegeld wat nie benut is nie tot R9 miljard meer as die wetlik vereiste vlak gegroei het.

“Ons verwag ’n ommeswaai, aangesien die opgehoopte gesondheidsorgbehoeftes – waarskynlik vererger deur verswakte gesondheidstoestande as gevolg van die uitstel van sorg – gaan lei tot skerp stygings in die benutting van gesondheidsdienste,” sê Charlotte Mbewu, hoofbeampte, in die jaarverslag vir die boekjaar tot einde Desember wat dié week uitgereik is. – Nellie Brand-Jonker

Lees die hele berig hier.2022-05-27 06:10:56

Aktiewe gevalle

Daar is altesame 50 253 aktiewe gevalle landwyd.

So lyk die syfers per provinsie:

Gauteng: 8 211

KwaZulu-Natal: 11 219

Limpopo: 277

Mpumalanga: 1 729

Noord-Kaap: 3 883

Noordwes: 3 378

Oos-Kaap: 4 128

Vrystaat: 3 682

Wes-Kaap: 13 493

2022-05-27 06:10:53

2022-05-27 06:10:50

Jongste syfers

Nuwe infeksies

Daar is die afgelope 24 uur 3 801 nuwe gevalle aangemeld, wat die kumulatiewe syfer tot 3 944 845 laat styg het.

Sterftesyfer

Nog 49 mense is dood van wie 16 in die afgelope 24 tot 48 uur. Dit bring die sterftesyfer op 101 092 te staan.

Herstelsyfer

Uit die 3 944 845 infeksies het 3 793 500 mense al herstel. Dit verteenwoordig 'n herstelkoers van 96,2%.

Inentings

Daar is die afgelope 24 uur 49 229 inentings toegedien. Totale inentings staan op 35 903 813.

2022-05-27 05:50:07

SPELETJIES VANDAG

CTA