Die sekspes van die Abraham Kriel-kinderhuis sal sewe jaar agter tralies sit.
Die streekhof in Modimolle het Fanie Pieterse (60) Dinsdag gevonnis nadat hy skuld beken het op aanklagte van seksuele gereedmaking en die seksuele uitbuiting van ’n kind. Hy is tot sewe jaar tronkstraf op die eerste aanklag en vyf jaar op die tweede aanklag gevonnis. Dit sal gelyklopend uitgedien word.
Pieterse se naam word ook in die nasionale register van seksmisdadigers opgeskryf.
LEES OOK | Abraham Kriel-sekspes sê jammer, proefbeampte vra 15 j. tronkstraf

Pieterse het onder meer foto’s van sy penis aan ’n 15-jarige inwoner gestuur en gevra dat sy kaalfoto’s van haarself aan hom stuur.
Hy was huisvader van een van die seunskoshuise.
* Volg Netwerk24 vir meer hieroor later.





















