Nuus

Abraham Kriel-sekspes 7 jaar tronk toe

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Fanie Pieterse word gevonnis.
Fanie Pieterse word gevonnis. (Foto: Deaan Vivier)

Die sekspes van die Abraham Kriel-kinderhuis sal 7 jaar agter tralies sit.

Die streekhof in Modimolle het Fanie Pieterse (60) Dinsdag gevonnis nadat hy skuld beken het op aanklagte van seksuele gereedmaking en die seksuele uitbuiting van ’n kind. Hy is tot 7 jaar tronkstraf op die eerste aanklag en 5 jaar op die tweede aanklag gevonnis. Dit sal gelyklopend uitgedien word.

Pieterse se naam word ook in die nasionale register van seksmisdadigers opgeskryf.

LEES OOK | Abraham Kriel-sekspes sê jammer, proefbeampte vra 15 j. tronkstraf

Pieterse het onder meer foto’s van sy penis aan ’n 15-jarige inwoner gestuur en gevra dat sy kaalfoto’s van haarself aan hom stuur.

Hy was huisvader van een van die seunskoshuise.

* Volg Netwerk24 vir ’n omvattende berig later.

– quinton.lourens@media24.com

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM