Hof

Modack-saak tot 3 November uitgestel

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Nafiz Modack
Nafiz Modack (Foto: Melinda Stuurman)

Die saak teen Nafiz Modack (44) en sy 14 medebeskuldigdes is Maandag in die hooggeregshof in Kaapstad tot 3 November uitgestel.

Die hof het gehoor dat regter Robert Henney nog ongesteld is nadat hy twee weke gelede siek geword het.

Die regsverteenwoordigers vir die verdediging het geen beswaar teen die uitstel gehad nie.

Die 14 staan tereg op onder meer aanklagte van moord, korrupsie, geldwassery en rampokkery.

– maygene.dewee@24.com

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM