Hof

Parkeerterrein-dubbelmoord: Borgtog geweier

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Die borgtogaansoek van die twee mans wat daarvan beskuldig word dat hulle 'n Rustenburgse egpaar in 'n parkeerterrein in die stad doodgeskiet het, is van die hand gewys.

Gift Mlhanga en Onke Mbongo het Dinsdag weer in die landdroshof in Rustenburg verskyn, waar hulle aangekla word van die moord op die egpaar George (69) en Wilma Koster (66). Hulle staan ook tereg op aanklag van dwarsboming van die gereg.

Onke Mbongo (links) en Gift Mlhanga vroeër in die landdroshof in Rustenburg. Op die inlas is Wilma en George Koster. Foto's: Anja Van der Merwe en verskaf
Onke Mbongo (links) en Gift Mlhanga vroeër in die landdroshof in Rustenburg. Op die inlas is Wilma en George Koster. Foto's: Anja Van der Merwe en verskaf

Die hof het bevind die beskuldigdes hou 'n vlugrisiko in en kan hulle hul moontlik weens die erns van die misdade met die ooggetuies van die voorval bemoei.

Vroeër is berig dat die egpaar op 14 Junie in hul silwerkleurige Jeep na die Platinum Square-winkelsentrum in Rustenburg gegaan het. 'n Wit Kia Rio, waarin die beskuldigdes was, het langs hulle geparkeer.

Wilma en George Koster en hulle voertuig op die toneel. Foto's: Verskaf
Wilma en George Koster en hulle voertuig op die toneel. Foto's: Verskaf

In die borgtogaansoek het die hof gehoor dat Mbongo die Kosters se Jeep gestamp het toe hy die deur van die Kia oopgemaak het. Luidens getuienis in die hof het 'n onderonsie tussen hom en George ontstaan, waarna hy toe na bewering eers vir George en toe vir Wilma geskiet het.

* Hou Netwerk24 dop vir meer inligting hieroor.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM