Hof

RDK-onderhoude vir regtersposte begin aanstaande week

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Lede van die Regterlike Dienskommissie voer ’n onderhoud met ’n kandidaat.  
Lede van die Regterlike Dienskommissie voer ’n onderhoud met ’n kandidaat.   (Foto: Gallo Images)

Onderhoude vir vakante poste in die hoër howe in Suid-Afrika begin aanstaande week.

Die Regterlike Dienskommissie (RDK) sal die onderhoude van 7 tot 15 Oktober in Sandton voer met kandidate wat vir die poste benoem is. Aanbevelings sal dan aan die president gemaak word.

Die publiek kan die verrigtinge op die Judiciary RSA-YouTube-kanaal volg. Die onderhoude begin Dinsdag omstreeks 09:00.

Die kortlys van benoemdes is in Julie deur die RDK bekend gemaak.

Konstitusionele hof: Twee poste

Die konstitusionele hof het twee vakatures geadverteer. Ses kandidate het aansoek gedoen, maar slegs vyf het vir die kortlys in aanmerking gekom. Daar moet ’n minimum van ses kandidate wees en die RDK het dus besluit om die twee vakatures weer in Julie te adverteer, met die sluitingsdatum in Augustus. Die benoemdes is nog bekend gemaak nie.

Grondeisehof: Een vakature

Die RDK het die vakature teruggetrek hangende die finalisering van die nuwe geregtelike instelling van die Grondeisehof ingevolge die Wet op die Grondeisehof (wet 6 van 2023).

Appèlhof: een vakature

• Regter Gerald Hercules Bloem

• Regter Busisiwe Shareen Masipa

• Regter Pitso Ephraim Molitsoane

• Regter Thandi Victoria Norman

• Regter Bashier Vally

• Regter Leonie Windell

Arbeidshof: drie vakatures in Johannesburg

• Suzanna Harvey

Hooggeregshof in die Oos-Kaap: adjunk-regter-president

• Regter Buyiswa Majiki

• Regter Mandela Makaula

• Regter Bulelwa Myra Pakati

Hooggeregshof in die Oos-Kaap: drie vakatures in Makhanda en Mthatha

• Gaynor Appels

• Nolubabalo Cengani-Mbakaza

• Adv. Nicola Molony

• Prof. Nomthandazo Patience Ntlama-Makhanya

• Aron Sipho Zono

Hooggeregshof in die Vrystaat: een vakature

• Adv. Denise Greyling-Coetzer

• Matodzi Brian Nemavhidi

Hooggeregshof in Gauteng: agt vakatures

• Adv. Thembi Precious Bokako

• Adv. Lesibana Gemine Philemon Ledwaba

• Adv. Sarita Liebenberg

• Regter Daphney Mahosi

• Adv. Khashane La Mmapowana Manamela

• Nkosingiphile Goodness Ma-Myeni Mazibuko

• Adv. Keitumetse Johanna Mogale-Makinta SC

• Adv. Richard James Austin Moultrie SC

• Adv. Ettian Raubenheimer

• Adv. Karin Strydom

• Stephens Anthony Thobane

• Adv. Petrus Arnoldus Van Niekerk SC

• Livhuwani Betty Vuma

• Adv. Susan Melissa Wentzel

Hooggeregshof in KwaZulu-Natal: vyf vakatures

• Malizo Samkelo Gwagwa

• Sanele David Hlatshwayo

• Adv. Ranjiv Rajkumar Nirghin

• Adv. Murray Breval Pitman

• Adv. Mpumelelo Prosper Sibisi

• Nomfundo Sipunzi

• Regter Namhla Thina Yvonne Siwendu

Hooggeregshof in Limpopo: een vakature

• Adv. Solomon Shami Teboho Kholong

• Karin Leanne Pillay

Hooggeregshof in Mpumalanga: Middelburg: twee vakatures

• Lerato Jane Nontando Bam

• Adv. Solomon Shami Teboho Kholong

• Adv. Daniel Desi Mogotsi

• Adv. Kganki Frans Phahlamohlaka

– Jana.Breytenbach@24.com

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM