Mense

Redakteursbrief: Ontmoet ons topdrie Mej. Tiener-finaliste

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Mej Tiener 2025
Mej Tiener 2025 (Foto: ER Lombard)

Trotser kan ons nie wees nie, want elkeen is pragtig, innemend en so vol lewenslus.

Dit was ’n gróót storie om uit die honderde inskrywings van dwarsoor die land eers die topdertig en toe die toptien te kies, en so lekker om deur die publiek se stemme te werk.

Hier is die topdrie wat julle, ons lesers, aangewys het – elkeen ’n wenner uit eie reg! Lees op bl. 8 meer oor elkeen.

Op die foto saam met Romi, Miché en Juanique is my kollega Charlea Sieberhagen- Grey, ons redakteur van spesiale projekte en die koördineerder van vanjaar se kompetisie.

Charlea het als vir die kompetisie bymekaargehou terwyl sy swanger is met haar tweede – daar’s dus eintlik vyf mense op dié spesiale foto!

In volgende week se uitgawe maak ons Huisgenoot se Mej. Tiener van 2025 bekend – en die wenner kry dan haar eie voorblad.

Ons kan nie wag om dit met julle te deel nie!

1630

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM