Munisipaliteite

28 slopingsbevele word uitgevoer

Die departement van ontwikkelingsbeplanning het Vrydag die agterstallige hofbevele uitgevoer om onwettige strukture in Cosmo City en Rabie Ridge in Johannesburg te sloop.

"Die departement het begin om 54 hofbevele, insluitend 28 slopingsbevele, uit te voer," lui 'n mediaverklaring van die Johannesburg-metro.

Die eienaars is beveel om die strukture self te sloop, maar hul minagting het die departement genoodsaak om dit te doen.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM