Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê hewige donderstorms Donderdag met gepaardgaande hael kan moontlik tot oorstromings lei in die Vrystaat, Noordwes, Gauteng, die westelike dele van KwaZulu-Natal asook die suidelike dele van Mpumalanga.
’n Waarskuwing is ook uitgereik oor toestande wat kan lei tot wegholveldbrande in die Noord-Kaap en die Drakenstein-munisipaliteit in die Wes-Kaap.
Uiters ongemaklike toestande weens hoë temperature en humiditeit word in die sentrale en die oostelike dele van KwaZulu-Natal verwag.
Gauteng
Baie warm in die verre noorde, andersins gedeeltelik bewolk en warm met verspreide donderstorms later die dag.
• Pretoria: 20 °C tot 30 °C
• Johannesburg: 19 °C tot 28 °C
• Vereeniging: 17 °C tot 27 °C
Mpumalanga
Bewolk met miskolle in die oggend in die Laeveld en oor die platorand, andersins gedeeltelik bewolk en warm met verspreide donderstorms in die weste later die dag. Baie warm tot uitermatig warm op sommige plekke.
• Mbombela: 21 °C tot 29 °C
• eMalahleni: 17 °C tot 27 °C
• Standerton: 15 °C tot 28 °C
• Skukuza: 21 °C tot 34 °C
Limpopo
Miskolle in die oggend, maar gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met verspreide donderstorms wat later die dag in die verre suidweste verwag word.
• Polokwane: 17 °C tot 29 °C
• Tzaneen: 19 °C tot 30 °C
• Musina: 20 °C tot 32 °C
• Lephalale: 21 °C tot 32 °C
• Mokopane: 22 °C tot 32 °C
Noordwes
Gedeeltelik bewolk en baie warm. Bewolk later die dag met verspreide donderstorms. Enkele donderstorms word in die weste verwag.
• Potchefstroom: 18 °C tot 31 °C
• Mahikeng: 19 °C tot 33 °C
• Rustenburg: 19 °C tot 34 °C
• Vryburg: 18 °C tot 36 °C
Vrystaat
Miskolle in die oggend in die ooste, andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met verspreide donderstorms. Enkele donderstorms word in die weste verwag.
• Bloemfontein: 18 °C tot 33 °C
• Bethlehem: 14 °C tot 29 °C
• Kroonstad: 19 °C tot 31 °C
• Ficksburg: 15 °C tot 29 °C
Noord-Kaap
Warm in die weste, andersins gedeeltelik bewolk en baie warm tot uitermatig warm met enkele donderstorms in die oostelike en die sentrale dele.
• Upington: 24 °C tot 40 °C
• Kimberley: 22 °C tot 36 °C
• Alexanderbaai: 15 °C tot 26 °C
• Sutherland: 11 °C tot 31 °C
Wes-Kaap
Warm tot baie warm, maar bewolk in die oostelike binneland en oor die suidelike kusgebied. Gedeeltelik bewolk later die dag.
• Kaapstad: 18 °C tot 31 °C
• Vredendal: 13 °C tot 34 °C
• George: 18 °C tot 26 °C
• Worcester: 18 °C tot 36 °C
• Beaufort-Wes: 16 °C tot 33 °C
Oos-Kaap
Bewolk en koel tot warm in die weste met ’n kans op motreën, andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met enkele donderstorms later die dag.
Bewolk en koel tot warm in die ooste met verspreide donderstorms.
• Gqeberha: 20 °C tot 24 °C
• Graaff-Reinet: 19 °C tot 29 °C
• Oos-Londen: 20 °C tot 24 °C
• Port St. Johns: 20 °C tot 24 °C
• Mthatha: 17 °C tot 23 °C
KwaZulu-Natal
Miskolle in die oggend in die binneland, andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm. Verspreide donderstorms word in die weste verwag met enkele donderstorms in die verre noordooste.
• Durban: 23 °C tot 28 °C
• Richardsbaai: 21 °C tot 31 °C
• Pietermaritzburg: 20 °C tot 26 °C
• uMnambithi (Ladysmith): 18 °C tot 31 °C















