Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku oor toestande wat bevorderlik is vir die ontstaan van wegholveldbrande Maandag in die Khai-Ma-, Kamiesberg- en Hantam-munisipaliteit in die Noord-Kaap. Hittegolftoestande sal voorts voorkom in die Sarah Baartman-, Chris Hani-, Joe Gqabi-, Alfred Nzo-, OR Tambo- en Amathole-munisipaliteit in die Oos-Kaap.
Gauteng
Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm.
• Pretoria: 18 °C tot 32 °C
• Johannesburg: 16 °C tot 30 °C
• Vereeniging: 16 °C tot 32 °C
Mpumalanga
Miskolle in die oggend met motreën oor die platorand en die Laeveld, andersins gedeeltelik bewolk en warm.
• Mbombela: 20 °C tot 28 °C
• eMalahleni: 15 °C tot 27 °C
• Standerton: 15 °C tot 30 °C
• Skukuza: 23 °C tot 32 °C
Limpopo
Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm.
• Polokwane: 16 °C tot 26 °C
• Tzaneen: 20 °C tot 27 °C
• Musina: 20 °C tot 30 °C
• Lephalale: 20 °C tot 31 °C
• Mokopane: 17 °C tot 29 °C
Noordwes
Miskolle in die oggend in die ooste, andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met enkele donderbuie later die dag.
• Potchefstroom: 17 °C tot 35 °C
• Mahikeng: 19 °C tot 33 °C
• Rustenburg: 18 °C tot 33 °C
• Vryburg: 19 °C tot 36 °C
Vrystaat
Miskolle in die oggend in die ooste, andersins gedeeltelik bewolk en baie warm met enkele donderbuie later die dag in die ooste.
• Bloemfontein: 16 °C tot 37 °C
• Bethlehem: 14 °C tot 33 °C
• Kroonstad: 18 °C tot 36 °C
• Ficksburg: 14 °C tot 33 °C
Noord-Kaap
Sonnig en baie warm tot uitermatig warm. Gedeeltelik bewolk in die noordooste later die dag.
• Upington: 20 °C tot 41 °C
• Kimberley: 16 °C tot 38 °C
• Alexanderbaai: 17 °C tot 26 °C
• Sutherland: 15 °C tot 31 °C
Wes-Kaap
Mistig in die westelike en suidelike kusgebied in die oggend, andersins sonnig en baie warm tot uitermatig warm in die binneland. Gedeeltelik bewolk en warm in die kusgebiede.
• Kaapstad: 19 °C tot 28 °C
• Vredendal: 17 °C tot 30 °C
• George: 16 °C tot 25 °C
• Worcester: 17 °C tot 34 °C
• Beaufort-Wes: 20 °C tot 39 °C
Oos-Kaap
Mistig in die oggend in die binneland in die weste, andersins sonnig en baie warm tot uitermatig warm. Gedeeltelik bewolk en warm in die kusgebied.
Mistig in die oggend suid van die platorand in die ooste, andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met enkele donderbuie in die binneland. Bewolk met motreën suid van die platorand later die dag.
• Gqeberha: 18 °C tot 29 °C
• Graaff-Reinet: 15 °C tot 42 °C
• Oos-Londen: 17 °C tot 31 °C
• Port St. Johns: 18 °C tot 31 °C
• Mthatha: 16 °C tot 39 °C
KwaZulu-Natal
Mistig in die oggend in die binneland, andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm. Uitermatig warm in die noorde. Enkele donderbuie word later die dag verwag.
• Durban: 22 °C tot 31 °C
• Richardsbaai: 22 °C tot 34 °C
• Pietermaritzburg: 17 °C tot 38 °C
• uMnambithi (Ladysmith): 18 °C tot 39 °C















