
"Die Universiteit van die Vrystaat (UV) sal vir julle ruimte bied om in te groei, maar elkeen van julle se persoonlike groei sal van julself afhang." Dit was die boodskap van prof. Francis Petersen, visekanselier en rektor van die UV, aan 16 topkandidate in die Matrikulant van die Jaar-kompetisie van die UV, Netwerk24 en Volksblad. Die Kovsie-alumnitrust (KAT), 'n hoofborg van die kompetisie, het Vrydagaand die presteerders in verlede jaar se kompetisie op die kampus verwelkom. Etlike oud-Kovsies, verteenwoordigers van die borge (Absa, Mazars en Pick n Pay) en die UV het die geleentheid in die Eeufeeskompleks op die UV-kampus bygewoon. Van links is Thinica McAnda (Eunice High School, Bloemfontein), Anneline de Wet, Marlien Smith (albei van die Hoërskool Landboudal, Jacobsdal), Adriaan Schlebusch (Futurum-Akademie, Jan Kempdorp), Larisca Labuschagne (Hoërskool Jim Fouché, Bloemfontein), Reikantse Manaka (Eunice High School), Lohani Saaiman (Hoërskool Jim Fouché), Mckyla van der Walt (Hoërskool Fichardtpark, Bloemfontein), Petersen, Michael de Bruyn (wenner, Futurum-Akademie, Jan Kempdorp), Renienke van Heerden (Hoërskool Jim Fouché), Cilethe Julies (wenner van KAT-sportprys, Hoërskool Fichardtpark), Elizabeth Joubert (wenner van KAT-kultuurprys), Miané Smit (albei Hoër Meisieskool Oranje, Bloemfontein), Karli Janeke (wenner van KAT-kultuurprys, St. Dunstan's College, Benoni), Breyten Lindeque (Hoërskool Sand du Plessis, Bloemfontein), Marlé van der Merwe (Hoërskool Jim Fouché) en Lida Pienaar (Hoërskool Bultfontein). Franco van Heerden (Hoërskool Wessel Maree, Odendaalsrus) en Natasha Gertenbach (Hoërskool Fichardtpark) kon nie die geleentheid bywoon nie. Sewe van die groep gaan vanjaar medies studeer, twee rekeningkunde, twee aktuariële wetenskap, en een elk mikrobiologie en biochemie, inligtingstegnologie, onderwys, arbeidsterapie, fisika en ingenieurswese, argitektuur, genetika en landbou. Foto: Charl Devenish



















