Ons het jeugapatie verslaan - Malema

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Julius Malema, omring deur ondersteuners in Mitchels Plain Saterdag.  Foto: Eff
Julius Malema, omring deur ondersteuners in Mitchels Plain Saterdag. Foto: Eff

Die jeug gaan vriend en vyand in die komende plaaslike verkiesings verras, meen Julius Malema, EFF-leier.

Hy het in 'n onderhoud in Kaapstad gesê hy en die EFF het apatie onder jongmense verslaan.

"Die jongmense daag in groot getalle op (by EFF-saamtrekke) en die opwinding is groot. Ek dink die jongmense gaan die ANC en die DA 'n ernstige les leer," het hy aan verslaggewers gesê.

"Dis 'n skok vir my, want in 'n stadium het ek gedink jongmense het heeltemal boedel oorgegee, maar dit lyk of hulle nou hul politieke plek opeis en reg is om (die toekoms) binne te storm."

Malema het 'n dawerende verwelkoming by inwoners in Mitchells Plain ontvang toe hy by die Liberty Promenade-winkelsentrum met informele handelaars en taxipendelaars gepraat het.

EFF-ondersteuners het drie ure lank in winderige weer op die aankoms van Malema en sy gevolg gewag.

'n Groentesmous se welkomgroet aan die EFF-leier. Foto: Eff
'n Groentesmous se welkomgroet aan die EFF-leier. Foto: Eff

Die bedoeling was dat hy met die sentrumbestuur sou praat oor smouse wat nie naby die sentrum mag handel dryf nie, maar nadat Malema en sy gevolg toegang tot die sentrum gekry het, het winkels begin toemaak, terwyl ondersteuners bymekaargekom het om hom te beskerm.

Julius Malema wou met die sentrumbestuur praat, maar is onverrigter sake weg toe winkels hulle deure gesluit het nadat hy en ondersteuners die sentrum binnegekom het. Foto: Eff
Julius Malema wou met die sentrumbestuur praat, maar is onverrigter sake weg toe winkels hulle deure gesluit het nadat hy en ondersteuners die sentrum binnegekom het. Foto: Eff

Malema is toe vort na Kraaifontein waar hy weer gepraat het oor grondonteiening in die Wes-Kaap.

"Hulle wil nie hê dat ons hier oor grond moet praat nie. Ons sê vir hulle om saam te werk om die grond aan almal gegee te kry. Ons het ons grond nodig. Ons wil hê ons grond moet met alles (daarop) saamkom, alles behoort aan ons; ons vra geen verskoning daarvoor nie," het Malema gesê.

Godrich Gardee, voormalige sekretaris-generaal van die EFF, sê die party hoop om 'n duik in die DA se ondersteuningsbasis te maak.

"Die EFF is sedert 2014 in die Wes-Kaap. Ons het ons steun van 3% na 4% verhoog in 2016 en 8% in 2019. Die DA het steun verloor en ons glo ons het 'n goeie voetspoor in die Wes-Kaap. Die kiesers sal teen die DA stem omdat mense siek is vir slaggate en puttoilette," aldus Gardee.

Alet Joubert & Marvin Charles, News24

SPELETJIES VANDAG

CTA