Ontmoet Godfrey Skosana, VF Plus-kandidaat

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Godfrey Skosana (29) is die VF Plus se kandidaat vir Sephaku buite Groblersdal in Limpopo.
Godfrey Skosana (29) is die VF Plus se kandidaat vir Sephaku buite Groblersdal in Limpopo.

Godfrey Skosana (29), 'n VF Plus-kandidaat in die Groblersdal-distrik in Limpopo, sê die party is lojaal aan sy kiesers en maak nie leë beloftes nie.

Dit is hoekom hy besluit het om hom by die VF Plus aan te sluit. Hy is die kandidaat in wyk 23 in die Sephaku-nedersetting buite Tafelkop in die Groblersdal-distrik.

Dié gebied in Limpopo is deel van die Elias Motsoaledi-munisipaliteit wat deur die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) ondersoek word vir beweerde grootskaalse korrupsie, wanadministrasie en tenderbedrog.

Marcelle Maritz, VF Plus-leier in Limpopo, en Godfrey Skosana, VF Plus-wykskandidaat in Sephaku buite Groblersal, op 'n vergadering met die gemeenskap in KwaDlaulale in Limpopo.
Marcelle Maritz, VF Plus-leier in Limpopo, en Godfrey Skosana, VF Plus-wykskandidaat in Sephaku buite Groblersal, op 'n vergadering met die gemeenskap in KwaDlaulale in Limpopo.

Wanneer die VF Plus sê hulle gaan iets doen, dan hou hulle by daardie beloftes en doen dit. Dit is 'n party wat lojaal is aan sy kiesers.

Skosana se gesig op die VF Plus se verkiesingsplakkate maak landwyd opslae omdat die party se kiesers meestal wit en bruin is.

"Mense moet begin stem vir verandering en ek glo dat die VF Plus ons gaan help om ons probleme op te los."

Inwoners van die Sephaku-nedersetting is arm, het nie water nie en rioolvuil besoedel die omgewing.

Volgens Sephaku is daar nie werkgeleenthede in die gebied nie. "Veral jong mense wil nie hier bly as hulle klaar is met skool nie."

Daar is geen sportgeriewe soos sokkervelde vir jong mense nie. "Daar is 'n baie groot behoefte vir plaaslike ekonomiese groei."

Die gebied sukkel ook met elektrisiteitsvoorsiening wat vererger word deur beurtkrag. "Dit is 'n nagmerrie om so te leef."

Godfrey Skosana, VF Plus-wykkandidaat in Sephaku buite Groblersdal.
Godfrey Skosana, VF Plus-wykkandidaat in Sephaku buite Groblersdal.

Sephaku het aan 'n tegniese kollege studeer en het tot einde 2018 in Olifantsfontein in Midrand as 'n meganiese passer-en-draaier gewerk.

Hy het toe besluit om te bedank en hom toe te spits op sy werk as gemeenskapsleier in Sephaku.

Dit is veral ANC-lede in die omgewing wat Sephaku se besluit om stemme vir die VF Plus te werf, kritiseer. "Daar word gesê die VF Plus is net vir wittes en hulle is rassisties. Ek stem nie daarmee saam nie.

"Wanneer die VF Plus sê hulle gaan iets doen, dan hou hulle by daardie beloftes en doen dit. Dit is 'n party wat lojaal is aan sy kiesers."

Godfrey Skosana (29), 'n wykskandidaat van die VF Plus in Groblersdal in Limpopo.
Godfrey Skosana (29), 'n wykskandidaat van die VF Plus in Groblersdal in Limpopo.
Godfrey Skosana, VF Plus-wykskandidaat in Sephaku buite Groblersdal, saam met Hestene Schalenkamp, nog 'n VF Plus-kandidaat (links) en Marcelle Maritz, VF Plus-leier in Limpopo.
Godfrey Skosana, VF Plus-wykskandidaat in Sephaku buite Groblersdal, saam met Hestene Schalenkamp, nog 'n VF Plus-kandidaat (links) en Marcelle Maritz, VF Plus-leier in Limpopo.
Hoofman Kleinbooi Mphelani van KwaDlaulale in Limpopo Dinsdag saam met Marcelle Maritz, VF Plus-leier in Limpopo, by 'n gemeenskapsvergadering.
Hoofman Kleinbooi Mphelani van KwaDlaulale in Limpopo Dinsdag saam met Marcelle Maritz, VF Plus-leier in Limpopo, by 'n gemeenskapsvergadering.

Marcelle Maritz, VF Plus-leier in Limpopo, het Dinsdag Sephaku en KwaDlaulale besoek en met die gemeenskap vergader.

"Dit was 'n baie goeie vergadering en die mense het gesê as ons hulle kan help om dienste te verbeter, stem hulle vir ons."

Maritz sê Skosana is baie lojaal aan die VF Plus in Limpopo.

Volgens haar het hoofman Kleinbooi Mphelani van KwaDlaulale gesê die gemeenskap wil graag boer en as die VF Plus hulle daarmee kan help, trek hulle Maandag hul kruisies vir die VF Plus.

Skosana is opgewonde vir die plaaslike verkiesing Maandag. "Ek is baie positief dat mense in Sephaku vir ons (die VF Plus) gaan stem."

SPELETJIES VANDAG

CTA