Tellery van stemme vorder goed

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Sy Mamabolo, hoofkiesbeampte van die Verkiesingskommissie (OVK), Dinsdagaand tydens 'n mediakonferensie. Foto: Deaan Vivier
Sy Mamabolo, hoofkiesbeampte van die Verkiesingskommissie (OVK), Dinsdagaand tydens 'n mediakonferensie. Foto: Deaan Vivier

Sowat 55% van die stemme van die plaaslike verkiesings was Dinsdagaand teen 19:30 getel.

Só het Sy Mamabolo, hoofkiesbeampte van die Verkiesingskommissie (OVK), kort ná 20:00 op 'n nuuskonferensie by die nasionale uitslagsentrum in Pretoria gesê.

"Die Noord-Kaap het 89% van sy stemme getel, gevolg deur die Wes-Kaap met 72% en die Oos-Kaap was in die derde plek met 70%.

"In die res van die provinsies het dit gewissel tussen 37% en 67%.

"Op die vlak van vaslegging is 78% van die uitslae reeds in die stelsel en wag om geskandeer en geoudit te word. Ons streef steeds ons teiken na om 90% van die uitslae deur die loop van die aand te tel."

Volgens Mamabolo is 94 munisipaliteite se stemme ook teen 19:30 klaar getel. "Ons sal geen moeite ontsien dat die meeste van die 163 munisipaliteite se tellery binne die beplande tydperk voltooi word nie." - Llewellyn Prince

SPELETJIES VANDAG

CTA