Tutu en sy vrou stem by hul huis

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Emeritus aartsbiskop Desmond Tutu en sy vrou, Leah, het Saterdag by hul huis in Milnerton, Kaapstad, gestem.   Foto: Jaco Marais
Emeritus aartsbiskop Desmond Tutu en sy vrou, Leah, het Saterdag by hul huis in Milnerton, Kaapstad, gestem. Foto: Jaco Marais

Emeritus aartsbiskop Desmond Tutu en sy vrou, Leah, was onder die duisende mense wat Saterdag spesiale stemme in die plaaslike verkiesing uitgebring het.

Die Tutu's het Saterdag by hul huis in Kaapstad gestem, het Mamphela Ramphele, waarnemende voorsitter van die Archbishop Desmond Tutu Intellectual Property Trust, gesê.

Ramphele het gesê Tutu en sy vrou het nie toegelaat dat hul broosheid in die pad staan van hul reg om te stem nie.

Tutu het vroeër vandeesmaand sy 90ste verjaarsdag gevier.

"Hulle (die egpaar) is van 'n generasie wat die volle impak van apartheid beleef het en is vir die grootste deel van hul lewe die reg ontneem om te stem.

"Hulle was te na aan die stryd teen apartheid, en die Arch moes aan die hoof van te veel begrafnisse van apartheidstryders staan om die reg om te stem ooit as vanselfsprekend te aanvaar.

"Hulle is deeglik bewus van hoe kosbaar dit is om 'n stem te hê in wie die regering lei," het Ramphele gesê.

Sy het gesê Tutu glo in die uitdrukking dat mense in 'n demokrasie stem vir die regering en leiers wat hulle verdien.

Sesona Ngqakamba, News24

SPELETJIES VANDAG

CTA