Rugby wys ons is reënboognasie

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Aartsbiskop emeritus Desmond Tutu op ’n mediakonferensie op 4 Oktober 2011, waartydens hy sy woede uitgespreek het teenoor die ANC-regering se weiering om ’n visum aan die Dalai Lama te verskaf. Foto: Gallo Images
Aartsbiskop emeritus Desmond Tutu op ’n mediakonferensie op 4 Oktober 2011, waartydens hy sy woede uitgespreek het teenoor die ANC-regering se weiering om ’n visum aan die Dalai Lama te verskaf. Foto: Gallo Images

Ek is nie 'n rugby-aanhanger nie, nog minder verstaan ek die sportsoort.

Wat ek wel waardeer, is die spanwerk en gees wat rugby verenig. My gunsteling is die nasionale volksliedere.

Saterdag was ek in my motor op pad huis toe toe die wedstryd begin. Ek het ingeskakel om na die begin te luister - eers die Argentynse volkslied, toe dié van Suid-Afrika.

Dit was 'n hoendervel-oomblik - nie net is "Nkosi Sikelel iAfrika" die mooiste volkslied nie, maar die sangeres se stem is amper uitgedoof deur dié van die skare wat kliphard saamsing in al die tale - Xhosa, Zoeloe, Sotho, Afrikaans en Engels.

Ons is werklik 'n reënboognasie soos gedoop deur wyle Desmond Tutu, met verskillende stemme, tale en kleure, maar ons is tog almal een. Dit het die rugbywedstryd Saterdag en die hele reeks weer aan ons bewys.

Ons lyk en klink miskien nie almal dieselfde nie, maar ons bloed is inderdaad almal groen.

Yvonne, Roodepoort

SPELETJIES VANDAG

CTA