VIA | Dís Jo Black se droom-motor

In hierdie week se episode van 'Ry of bly': Die spanne leer meer oor bemarking en word uitgedaag om hul eie advertensies te skryf en te verfilm. Sal die deelnemers die mas kan opkom?
In hierdie week se episode van 'Ry of bly': Die spanne leer meer oor bemarking en word uitgedaag om hul eie advertensies te skryf en te verfilm. Sal die deelnemers die mas kan opkom?

In VIA se nuwe program Ry of bly? (DStv-kanaal 147) beoordeel die sanger en TV-aanbieder Jo Black en die grootbaas van Mit-Mak Motors, Bobby Petkov, spanne om te sien wie die vernuf het om Mit-Mak Motors se nuwe verkoopspersoon te wees.

Ons gesels met Jo Black en die vervaardigers van die program.

Vervaardigers

Vanwaar het die idee vir die program ontstaan?

Die program was oorspronklik Bobby Petkov van Mit-Mak Motors se brein-baba, maar die konsep is verder ontwikkel deur CoolerBox Brothers se kreatiewe span.

Wat is op die spel vir die wenner van die program?

Die wenner van Ry of Bly? stap weg met 'n permanente pos as verkoopspersoon by Mit-Mak Motors en 'n kontantprys van R50 000. Die wenner sal ook persoonlik gementor word deur Bobby Petkov om te verseker dat hy/sy sukses behaal binne sy/haar nuwe loopbaan.

Was dit maklik om deelnemers te kry vir die program?

Ons was baie tevrede met die hoeveelheid inskrywings wat ons gekry het. Ons het baie inskrywings gehad van mense wat op die program wou wees. Die uitdaging was om te besluit wie goed sou vaar in die uitdagings en natuurlik wie vir goeie TV sou sorg.

Hoe het julle besluit op Jo Black as aanbieder?

Dit was eintlik 'n maklike besluit. Jo is 'n Mit-Mak-ambassadeur, hy en Bobby het reeds 'n baie goeie verhouding opgebou weens Mit-Mak se betrokkenheid by Doodgewone Jo en natuurlik was Jo self al aan die begin van sy loopbaan 'n verkoopspersoon by 'n tweedehandse motorhandelaar. Dit help ook dat Jo Jo is en ongelooflik lekker is om mee saam te werk.

Wat maak kompetisieprogramme so gewild in Suid-Afrika?

Daar is werklik iets op die spel. Ons sien hoe regte mense (nie karakters nie) skynbaar onmoontlike take moet verrig om te wen. Ek dink mens leef jou saam met daardie mense in die situasie in. Jy is daar saam met hulle wanneer hulle deur hul hoogte- en laagtepunte gaan. Jy cheer vir hulle as hulle wen en jy voel dit as hulle verloor - veral wanneer jou gunsteling moet huis toe gaan. Soms is dit ook net lekker om van die rusbank af te coach en vir almal te beduie hoe jy dit sou aanpak.

Wat maak Ry of bly? anders as ander kompetisieprogramme?

Ek dink nie daar was al 'n werklikheidsreeks wat oor tweedehandse motorverkope gehandel het nie. Ja, die uitdagings is opwindend en daar is 'n paar lekker karakters, maar jy leer ook geweldig baie. Ek dink nie jy sal weer dieselfde na 'n tweedehandse voertuig kyk as jy die reeks gevolg het nie. Plus, die program het Jo Black en sy baard... wat meer het jy nodig?

Jo Black

In hierdie week se episode van 'Ry of bly': Die spanne leer meer oor bemarking en word uitgedaag om hul eie advertensies te skryf en te verfilm. Sal die deelnemers die mas kan opkom?
In hierdie week se episode van 'Ry of bly': Die spanne leer meer oor bemarking en word uitgedaag om hul eie advertensies te skryf en te verfilm. Sal die deelnemers die mas kan opkom?

Geniet jy dit om die aanbieder van Ry of bly? te wees? Hoe verskil dit van ander programme wat jy aanbied, soos Doodgewone Jo?

Ek geniet dit om aanbieder van hierdie program te wees, want dis 'n nuwe uitdaging. Ek was nog nooit in hierdie kapasiteit 'n aanbieder van 'n TV-reeks nie. In Doodgewone Jo gaan dit oor my en in dié reeks is ek net 'n fasiliteerder. Dis vir my iets nuuts.

Wat was vir jou die lekkerste oomblik op die program?

Die lekkerste oomblikke van die program is die aktiwiteite en om saam met die deelnemers te leer. Ek geniet dit, want ek kry bietjie inside info oor die motorbedryf.

Wat het vir jou uitgestaan van die deelnemers in hierdie program?

Dis lekker om te sien hoe deelenemers dit uitspeel teen mekaar; hoe hulle kamstig vriende is, maar dan op die ou einde is dit elke man vir homself.

Jy beoordeel die deelnemers saam met Bobby Petkov, grootbaas van Mit-Mak Motors. Wat van hom inspireer jou?

Ek moet eerlik sê dat ek die mense wat staan vir waardes soos integriteit, lojaliteit en eerlikheid op een hand kan tel. Bobby Petkov is een van daai manne op daai hand. Ek het nog net goeie goed van Bobby gesien. Hy's 'n nederige man wat getrou is aan sy woord. Dís wat my inspireer van hom. Ek dink almal kan bietjie meer soos Bobby wees.

Enige wenke vir voornemende verkoopspersone?

Vir enige voornemende verkoopspersoon is dit belangrik om te weet dat karverkope in jou bloed is. Jy het dit óf jy het dit nie. Dit is een van die moeilikste bedrywe wat ek al gesien het, want daar is so baie mense daar buite wat karre verkoop. So my wenk sou wees: As dit jou passie is, gaan voluit daarvoor.

As jy nou 'n nuwe motor kon kry, wat sou jy graag wou hê en hoekom?

Ek sou graag 'n Land Cruiser wou hê, want dit spreek net van krag. Daar is nie nog 'n voertuig soos 'n Land Cruiser nie. Ag, sorry, ek het 'n Land Cruiser. Ek soek nie 'n nuwe voertuig nie.

Ons sien ook die week (29 November - 5 Desember) uit na hierdie episodes op VIA:

Minki, Maandae om 20:00

Doodgewone Jo, Dinsdae om 20:30

My berge met Bouwer, Dinsdae om 21:00

Martelize se stamtafel, Woensdae om 17:00

'n Woolies Kersfees kookstryd met Minki, Woensdae om 17:30

Ram vir 'n Rus, Woensdae om 20:00

Slim vang sy baas, Vrydae om 17:30

SPELETJIES VANDAG

CTA