Elke nuwe jaar bring dieselfde voornemens: meer oefen, gesonder eet of meer geld spaar.
Maar hoekom fokus jy nie ook vir 'n slag op jou eiendom - immers een van jou mees gewaardeerde bates - nie?
Michelle Cohen van Leapfrog Johannesburg North East, deel haar wenke om jou eiendom te beskerm en verbeter in 2025.
1. Rek jou rande
As geld spaar een van jou doelwitte is, moet jy dit oorweeg om die rentekoers op jou huisverband te hersien.
Min mense is daarvan bewus dat hulle na meer mededingende rentekoerse mag oorskakel met 'n bestaande verband. Elke persentasiepunt wat gespaar word, verteenwoordig 'n aanvoelbare besparing oor tyd. Let wel dat om verbande te ruil dra wel kostes, maar betroubare eiendomsadviseurs kan raadgee met die opweeg van besparings teenoor jou uitgawes.
Betaal ook maandeliks meer as die minimum aan jou verband af. Hoewel dit nie dadelik geld in jou sak terugsit nie, spaar jy mettertyd duisende rande se rente. Aanlyn rekenaars, soos dié van BetterBond, kan jou help met die berekeninge en om die voordele van vroeë verbandaflossing te visualiseer.
2. Papier(werk)-plesier
Die genot van eiendomeienaarskap en pyn van dokumentasie is onlosmaaklik deel van mekaar. Daarom is 2025 'n goeie jaar om daardie papierwerk georden te kry. Heroorweeg jou bestaande huisversekeringspakket, laat evalueer jou eiendomswaarde en skep 'n digitale lêer vir al jou belangrikste dokumente. Goed georganiseerde papierwerk bied gemoedsrus en maklike toegang wanneer jy dit nodig het.
3. Dís nooit ondergeskik nie
Moenie onderhoudsprojekte uitstel nie. Proaktiewe sorg voorkom dat molshope berge word en staan gelyk aan geld spaar.
Gereelde aandag soos verf en die vervanging van stukkende huisitems verseker dat jou eiendom se toestand en waarde behou word.
Stel 'n lys van onderhoudsprioriteite vir die jaar saam en spreek elkeen aan na gelang van dringendheid of die beskikbaarheid van jou begroting.
4. Hou jou kant skoon
Om te voorkom dat opgehoopte goedere jou begin oorweldig, moet die nutswaarde daarvan minstens een keer per jaar hersien word. Die verwydering van ongebruikte items verbeter nie net jou huis se estetika nie, maar kan ook vir ander mense van nut wees. Items kan geskenk of aanlyn verkoop word, en daarmee saam nuwe energie aan jou woning verleen.
5. Belê in jou gemeenskap
'n Sterk gemeenskapsgevoel verhoog jou eiendomswaarde.
Maak tyd om met jou bure te skakel en raak betrokke by plaaslike inisiatiewe. Jy kan begin deur jouself aan omliggende inwoners bekend te stel en besonderhede uit te ruil. Oorweeg ook om by die buurtwag aan te sluit of deel te neem aan gemeenskapsaktiwiteite. Vriendelike, ingeskakelde gemeenskappe neig om veiliger, beter onderhoudend en aantrekliker vir voornemende kopers te wees.















