DEELTITELFORUM #52:Wees bedag op kuberdiefstal

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Daar is die ou grappie van 'n pa en sy dogter wat eendag op pad is dorp toe met 'n kapkar en perde om hul goue munte bank toe te neem.

Hulle word deur struikrowers oorval. Terwyl die pa pleit en soebat is die dogter verbasend kalm en kyk toe in stilte terwyl hulle beroof word van die pa se goue sakhorlosie en die meisie se pêrelsnoer wat sy vir haar 21ste verjaardag gekry het.

Kuberdiefstal is 'n bewese feit. Wees bedag op die gevare, en maak seker van gegewens alvorens jy groot bedrae na nuwe rekenings oorplaas. Foto: iStock
Kuberdiefstal is 'n bewese feit. Wees bedag op die gevare, en maak seker van gegewens alvorens jy groot bedrae na nuwe rekenings oorplaas. Foto: iStock

Uiteindelik is die rowers daar weg, boonop met die kar en perde. Dis tóé dat die dogter haar mond ooprek en 'n klein beursie uitspoeg met al hul goue munte nog veilig daar in.

Die pa bars in trane uit en sê vir sy dogter: "Ag, dink nou net, as jou ma hier was kon ons dalk die kar en perde ook gered het!"

Vandag se struikrowers kom in die gedaante van kuberkrakers, en die verliese wat mense ly is geen grap nie. Een van die areas met die grootste blootstelling is elektroniese betalings.

Dis een ding om 'n relatiewe klein bedrag te verloor, maar 'n heel ander saak as jy al jou pensioengeld of spaargeld aan 'n onsigbare skelm moet afstaan.

In die konteks van deeltitels en ook in 'n ietwat wyer samehang, naamlik die koop en verkoop van enige onroerende eiendom (waar groot bedrae geld betrokke is), is daar daadwerklike stappe wat gedoen moet word om te sorg dat jy nie die slagoffer van hedendaagse struikrowers word nie.

'n Onlangse uitspraak deur die appèlhof het oor so 'n feitestel en die toepaslike reg gehandel, en alle kopers en verkopers van eiendom (asook hul oordragprokureurs) behoort daarvan kennis te neem.

In die saak van Edward Nathan Sonnenberg Inc v Hawarden (421/2023) [2024] ZASCA 90 (uitspraak gelewer op 10 Junie 2024), was die tersaaklike feite kortliks soos volg: 'n Verkoper het 'n eiendom aan H verkoop teen 'n koopprys van R6 miljoen. H het by wyse van 'n elektroniese oordrag 'n deposito van R500 000 aan die eiendomsagent, P, betaal, en drie maande later die balans (R5,5 miljoen) per elektroniese oordrag aan die oordragprokureur, ENS.

Of liewer, H het gedink dat sy laasgenoemde bedrag aan ENS betaal het. Inderwaarheid het sy die geld in 'n kuberrower se rekening betaal.

Hoe het dit gebeur? Die kuberkraker het by H se e-pos-rekening "ingebreek", ENS se e-pos en faktuur aan H onderskep en die bankbesonderhede daarop verander. Die kuberkraker het ook verdere e-pos-korrespondensie tussen H en ENS onderskep en gemanipuleer sodat dit 'n hele paar dae geneem het voordat die misdaad ontdek is. Die vraag was welke van die onskuldige partye hierdie verlies moes dra: Die verkoper, H, of ENS? Die verkoper was nie by die bedrogspul betrokke nie en sou uiteraard nie oordrag van die eiendom aan H gee tensy die balans van die koopprys van R5,5 miljoen betaal is nie.

ENS, wat volgens aktereg vir die verkoper optree, het daarop aangedring dat H steeds (weer) die bedrag moet betaal. Maar H het ENS gedagvaar en in die hof aangevoer dat ENS nalatig was deur haar nie na behore te waarsku teen die gevare van kubermisdaad en die risiko van verandering van bankbesonderhede nie, en dat ENS verantwoordelik gehou moet word vir die skade.

Die hooggeregshof in Johannesburg het bevind dat ENS wel vir H se verlies moes pa staan, aangesien die hof onder meer van mening was dat 'n prokureursfirma wat op 'n daaglikse basis hierdie soort transaksies hanteer deeglik bewus is van die gevare, en dus 'n plig het om kopers daaroor in te lig.

Onder meer behoort ENS genoegsame stappe te gedoen het om die koper uitdruklik te maan om bankbesonderhede eers telefonies te bevestig voordat betaling gemaak word. Die feit dat H se e-pos-rekening gekompromitteer was en nie ENS s'n nie, het die hof geensins andersins oortuig nie.

ENS het geappelleer, en dit is daardie uitspraak wat tersake is. Ter aanvang word gemeld dat regsverpligtings tussen regsubjekte gewoonlik een van vier moontlike oorspronge het:

  • kontraktueel (A en B kom met mekaar ooreen dat A vir B 'n bedrag geld sal betaal);
  • deliktueel (A skuld B geld as gevolg van skade of verlies wat A onregmatig en nalatig aan B veroorsaak het);
  • ongeregverdige verryking (A het aan B geld betaal omdat hy aan C geld skuld, en A het verkeerdelik gedink B is C); en
  • statutêre verpligtings (deeltiteleienaars is wetlik verplig om heffings aan die regspersoon te betaal).

In die onderhawige saak was 'n deliktuele eis ter sprake. Die hof het eerstens die algemene reël van die deliktereg bevestig, naamlik dat elke persoon self die skade en verliese wat hy of sy ly moet dra. Dit is slegs wanneer daardie verlies gely is as gevolg van die onregmatige en blaamwaardige (nalatige) handeling van 'n ander persoon dat daardie persoon vir die verlies aanspreeklik gehou kan word.

Die hof het op die spesifieke feite in die saak bevind dat ENS se versuim (om H uitdruklik te waarsku om bankbesonderhede telefonies na te gaan) nie onregmatig was nie. Die redes vir die bevinding was onder meer:

  • H, synde die koper, was nie in daardie stadium ENS se kliënt nie (die verkoper is die kliënt) en het dus geen kontraktuele plig teenoor H gehad nie.

SPELETJIES VANDAG

CTA