Eiendom-kopkrappers #02: Lewensregaankoop

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Lizelle Kilbourn, uitvoerende konsultant van STBB en rubriekskrywer vir Eiendomme, beantwoord 'n leser se vraag oor lewensregaankoop in vandeesweek se uitgawe.

VRAAG:

Ek doen navraag insake lewensregaankoop.

Ek lees gereeld jul rubriek in die koerant en daar word soms ook van lewensregaankoop gepraat.

My navraag gaan oor die vraag: As ek só koop, wat behels die heffing wat ook maandeliks betaal moet word? Moet ek betaal vir enige salarisse van amptenare­ wat die plek bestuur?

En wat van versekering en instandhouding? Ek is in my 80's.

Ek sou dit baie waardeer om te weet wat die implika-sies kan wees van lewensregkoop.

F. du Toit

ANTWOORD:

Die heffings wat deur 'n lewensreghouer betaalbaar is aan die eienaar, gaan afhang van wat ooreengekom is in die lewensregkontrak.

Die eienaar sal nie meer kan verhaal as waartoe in die kontrak toegestem is nie.

Gaan dus eerstens die bepalings van die ooreenkoms na.

Terloops, die leser kan gerus net eers seker maak of die lewensreg geregistreer is teen die betrokke eenheid se titelakte, soos wat die Wet op Behuisingsontwikkelingskemas vir Afge­trede Persone in art. 4C die eienaar verplig om te doen.

Dis gebruiklik vir die eienaar van 'n deeltiteleenheid om die heffing wat hy aan die regspersoon verskuldig is (uit hoofde van sy eienaarskap) in geheel op die lewensreghouer af te wentel. Die redenasie is (tereg) dat dit die lewensreghouer is wat die gebruik van die eenheid geniet en dus vir die gepaardgaande koste verantwoordelik moet wees.

Dit is dus waarskynlik dat die leser inderdaad by wyse van sy heffings bydra tot die salarisse van personeel, instandhoudingskoste, versekering, ensovoorts.

Ek het daarvoor begrip dat hierdie koste baie is en dat dit druk op pensioentrekkers se geldsake kan plaas.

Sterkte aan die leser vir sy hantering van die kwessie.

SPELETJIES VANDAG

CTA