Huisgids: ’n Lieflike gesinswoning

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Nadat Waterkloof 'n veiligheidsbeheerde toegangsgebied geword het, het die gewildheid van hierdie gesogte omgewing 'n verdere hupstoot gekry.

Dié ideale en gesellige gesinswoning kyk noord en is geleë in die hartjie van Waterkloof in die boomryke Rautenbachstraat en binne 'n maklike loopafstand na die Laerskool Anton Van Wouw en plaaslike winkelsentrums.

Die swembad en groot tuin.
Die swembad en groot tuin.

Dit is ook binne 5 mimute tot 8 minute se ry-afstand van verskeie N1-wisselaars, die R21, Tuks, Unisa, Affies, hospitale, Menlyn en die Gautrein-stasie.

Die huis is lekker warm in die kouer wintermaande. Van die ingangsportaal betree 'n mens die oopplan-leefvertrekke, wat almal uitloop na die noordekant se onderdak-onthaalstoep, tuin en swembadgebied. Die eetkamer is prakties langs die groot kombuis met sy instapspens en aparte waskamer geleë en 'n mens kan maklik oopbreek as jy 'n oopplan-leef-kombuis-uitleg verkies.

Die kombuis met praktiese granietwerkoppervlakke het ook 'n werkeiland of ontbythoekie en is toegerus met sowel elektriese as gastoebehore.

Die aparte waskamer is groot genoeg vir al jou masjientoebehore en nog meer, terwyl die instapspens tonne pakplek met baie rakke het.

Die drie ruim slaapkamers, studeerkamer, asook die groot, aparte TV-kamer en gimnasium met sy eie oopvoudeure na die tuin, is almal saamgegroepeer in 'n sluitbare veiligheidsvleuel.

Die slaapkamers het almal ingeboude kaste, die lugverkoelde hoofslaapkamer met 'n en suite-badkamer is ekstra ruim met 'n groot instapkas en smukblad plus 'n volledige badkamer.

Daar is ook twee badkamers vir die ander slaapkamers.

Die bykomende studentekamer of andersyds kantoor het ook 'n badkamer met 'n stort en daar is netjiese huiswerkerkwartiere met eie badkamergeriewe.

Daar is regstreekse toegang van die dubbelmotorhuis na die huis, terwyl daar ook volop en veilige, geplaveide bykomende terreinparkering vir gaste is.

Die tuin is maklik om in stand te hou en kindervriendelik, en het baie skadubome en groot speelgrasperke.

Die eiendom is heeltemal ommuur en die algemene veiligheid is uitstekend.

  • Die woning is Saterdag tussen 11:00 en 14:00 op skou met aanwysers uit Milner-, Rautenbach en Albertstraat.

Kortliks:

Adres: Rautenbachstraat, Waterkloof­

Prys: R4 295 000

Erfgrootte: 1 275 m²

Gebouegrootte: Ongeveer 360 m²

Slaapkamers: 5

Badkamers: 4

Motorhuise: 2

Deelagent: Heiberg Estates.

Kontak Bambie Heiberg by info@heibergestates.com of bel haar by 083 654 3773.

SPELETJIES VANDAG

CTA