Park Village Auctions veil teen die einde van die maand ses deeltitel-kantooreenhede in Meyersdal se Woodhill-kantoorpark op.
Volgens die hoofafslaer, Clive Lazarus, is dit 'n ideale belegging danksy die strategiese ligging in 'n welaf gebied naby wêreldklasgeriewe en met maklike toegang tot stedelike spilpunte.
Blok 7 van die kantoorpark bestaan uit ses notariële-verband-, sake 1-gesoneerde kommersiële eenhede geleë by Philip Engelbrechtlaan 53.
Lazarus beskryf die eenhede as modern met netjiese afwerkings en gereed vir besit. Op die grondvloer is die hoofingang met eenhede 24, 25 en 26. 'n Geteëlde trap lei na die tweede verdieping en eenhede 27, 28 en 29.
Die totale vloeroppervlakte is 1 191 m² en daar is 14 kelderparkeerplekke en agt motorafdakke.
Die Woodhill-kantoorpark bied aan ondernemings en werknemers 24 uur sekuriteit op die perseel met toegangsbeheer en gerieflike toegang tot al die geriewe by die Meyersdal Mall, Meyersdal-plein en die Blue Crane Ridge-winkelsentrum. Die ligging naby Nelson Mandelarylaan en die R59-hoofweg maak die eiendom ideaal vir pendelaars, besoekers en aflewerings.
- Die veiling vind op 30 April om 11:30 op die perseel plaas. Besigtiging kan via PVA ge-reël word by 011 789 4375 of auctions@parkvillage.co.za.
Vir nog inligting, besoek webverwysing 1516 opparkvillageauctions.co.za.















