Kommersiële eiendom in Kenilworth prima

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Hierdie eiendom is ’n wonderlike geleentheid vir beleggers. Foto: Rawson
Hierdie eiendom is ’n wonderlike geleentheid vir beleggers. Foto: Rawson

Dié gemengde-gebruik-eiendom in Leonardstraat in Kenilworth, Johannesburg, is 'n beleggingsgeleentheid met 'n maandelikse huurinkomste tans van R31 685.

Geleë op 'n hoekerf van 991 m² met altesame 646 m² onder dak, bied die eiendom vyf winkels en twee skakelhuise, wat dit 'n veelsydige bate maak.

Vier van die vyf kleinhandelspasies is tans beset en dra by tot die bestaande inkomstestroom. Elke winkel is toegerus met sub-water- en kragmeters. Die huurders is 'n supermark, 'n Game en 'n wegneem­winkel, 'n bandewinkel en 'n meganiese werkwinkel, almal met korttermyn-huurkontrakte met kennisgewing van twee maande.

Die vyfde eenheid, voorheen deur 'n begrafnisondernemer besit, is tans onbeset en bied die geleentheid om die eiendom se huurinkomste te verhoog na R44 500 per maand wanneer dit ten volle beset is.

Die twee skakelhuise bestaan elk uit drie slaapkamers, een volledige badkamer, oopplan-sit-en-eetarea en toegeruste kombuis. Elke eenheid bied 'n klein erf, 'n enkelmotorhuis en 'n buitetoilet, alles wat praktiese en gemaklike leefruimte voorsien teen R13 000 maandelikse huur, ook met 'n kennisgewingtydperk van twee maande.

Terwyl die eiendom tans 'n aansienlike inkomste bied, is daar tog ruimte vir verbetering.

Die eiendom moet geverf word en omdat die eiendom voetstoots verkoop word, is die nuwe eienaar verantwoordelikheid vir verbeteringe.

Die uitgawes sluit in agent-tariewe, instandhouding, meterlesing en verskeie kostes wat saam R5 950 per maand beloop. Die eiendom bied egter steeds 'n winsgewende belegging, veral met sy ligging in Kenilworth, 'n goed gevestigde kommersiële en woonarea in Johannesburg.

  • Die eiendom word op 28 Augustus om 12:00 opgeveil met 'n reserweprys van R2,5 miljoen.

Kontak Rooksana Modan by 083 368 6339 om besigtiging te reël of vir verdere inligting.

Verdere inligting is te kry deur e-pos te stuur na auctions.info@rawson.co.za of skakel 079 980 3457.

SPELETJIES VANDAG

CTA