Koop in ontwikkeling goeie idee

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Wat is die voordele om eien­dom in 'n nuwe ontwikkeling te koop?

Terwyl losstaande huise deur sommige mense gunstig beskou word vir hul privaatheid en die onafhanklikheid wat dit bied, oortref die voordele van die koop in 'n nuwe ontwikkeling dikwels hierdie faktore vir moderne huiskopers.

  • Energiedoeltreffend:Nuwe huise word gebou met energie­doel­tref­fend­heid in gedagte, dikwels met groen tegnologie ingesluit.
  • Minder onderhoudskoste:Hoewel die huis een of ander tyd wel herstelwerk nodig sal hê, is die kans klein dat jy enige groot probleme in die eerste paar jaar sal hê. Dus, hoewel die koop van 'n nuwe huis dalk duurder mag wees, word dit gebalanseer deur hoeveel jy sal spaar aan instandhoudingskoste.
  • Verhoogde sekuriteit:Sekuriteitskomplekse met toegangsbeheer kontrakteer gewoonlik spesialis-sekuriteitsmaatskappye om voltydse wagte, gewapende reaksie en mediese nooddienste te voorsien. In ag genome die hoë misdaadvlak in Suid-Afrika word dit beskou as 'n groot voordeel vir huiseienaars wat heeldag by die werk is met gesinne tuis.
  • Wanneer jy in 'n nuwe ontwikkeling koop, kan jy gewoonlik jou nuwe huis aanpas met afwerkings en toebehore wat jou van die begin af tuis laat voel- geen renovasies is nodig nie.
  • Minimale instandhouding:Een van die voordele om in 'n pas geboude huis te woon, is dat jy geen groot instandhoudingskwessies vir die eerste paar jaar sal hê nie - die vernaamste gerief vir enige huiseienaar. Geen gebarste geisers, tuimelende dakteëls, gebreekte geute of elektriese foute wat jou vrye tyd oor 'n naweek sal verg nie. Kragtens wet kom nuwe huise in Suid-Afrika ook met waarborge op die dak en struktuur.
  • Stabiele eiendomsmarkwaarde:'n Eiendom se waarde hang af van baie faktore, waaronder die gebied waarin dit geleë is en die toestand van die eiendomme daarrondom. Wanneer jy 'n huis in 'n nuwe ontwikkeling koop, het jy gemoedsrus dat die kompleks of landgoed deur die regspersoon of die huiseienaarsvereniging in stand gehou word. As gevolg van die hoë vraag na landgoedere met uitstekende sekuriteit in Suid-Afrika, sal jou huis waarskynlik sy waarde behou of dit kan selfs oor die jare toeneem.
  • Om ouer huise met innoverende, moderne geriewe aan te pas, kan ingewikkeld en duur wees. Wanneer jy 'n nuwe huis laat bou in 'n ontwikkeling wat jy van 'n tekening/plan af koop, het jy die geleentheid om moderne voordele soos sonkrag, isolering, hoëspoed-internet, die nuutste alarmstelsel en huisoutomatisering te kies.

Top-3-wenke vir koop in 'n nuwe ontwikkeling

1. Kyk na almal betrokke se reputasies:Ondersoek die ontwikkelaar se reputasie sowel as dié van al jou kontrakteurs voordat jy enige ooreenkomste teken. Hoewel ons geneig is om met ons hart te koop, maak seker dat jy jou kop ook in hierdie groot besluit gebruik.

2. Probeer om vroeg te koop:Baie ontwikkelaars begin hul projekte met afslag-eenhede. Daarbenewens, namate die vraag na die ontwikkeling toeneem, kan jou beleggingswaarde styg nog voordat jou huis se konstruksie voltooi is.

3. Koop die beste eenheid of bouplek:Eerste beleggers kry altyd die room van die oes. Deur van die begin af slim keuses te doen, het jy die kans om hoër kapitaalwaardering te verdien en vir beleggingseiendomme, kan jy 'n hoër huurinkomste verdien.

Bronne: Chas Everitt; ooba.co.za

SPELETJIES VANDAG

CTA