Kopers wat op soek is na 'n huis in 'n veiligheidskompleks in die George-omgewing moet beslis aandag gee aan die aanlyn veiling wat Van's Afslaers volgende week oor 'n tydperk van 24 uur van 4 tot 5 Oktober aanbied.
Die moderne vyfslaapkamerhuis is geleë in die bekende en gesogte Le Grand-landgoed. Le Grand is sowat 20 minute se ry van die George-lughawe en naby ander gesogte landgoedere, soos Oubaai en die Breakwater Bay Eco-landgoed.

Die huis van ongeveer 730 m² het ook vyf badkamers, 'n oopplankombuis en -leefarea, aparte eetkamer en wynkelder. Verder is daar ook 'n swembad, uitkyk-area met see-uitsigte, drie motorhuise en ses parkeerplekke.
Benewens die huis, word die huis se inhoud en meubels ook gesamentlik as een lot aangebied.
Dit bestaan byvoorbeeld uit sitkamerstelle, 'n eetkamertafel, TV's, yskaste en ander toestelle, patiomeubels, eetgerei en baie meer.
- Voornemende kopers word versoek om Van's Afslaers te kontak by 086 111 8267. Meer inligting kan ook op sy webwerf by vansauctions.co.za of op sy Facebook-blad gekry word. Mense kan ook op sy webwerf inteken op die WhatsApp-diens vir vroeë bewustheid van komende veilings.



















