Nuwe tendense in eiendom

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: istock
Foto: istock

Verlede week se langverwagte en broodnodige verlaging van die rentekoers (wat hopelik die eerste van 'n reeks komende verlagings sal wees) en alle skulddraende verbruikers se sak raak, beoog om nuwe lewe in die eiendomsmark te blaas.

In die post-Covid-19-tydperk was een van die opvallendste tendense in dié segment die toenemende verskynsel van tuis- en afstandwerk.

Die volgende uitvloeisel van dié fenomeen is semigrasie, waarvolgens afstandwerkers wat 'n aantrekliker, gesonder en leefstyl-geörienteerde woonarea verlang, na ander provinsies verhuis om dié behoefte te bevredig, maar steeds in vir­tuele kontak met die kantoor bly danksy hoëspoed-internetverbindings wat aanlyn vergaderings in staat stel.

Die natuurskoon - tesame met die gerief van 'n nabygeleë lughawe - maak die Kaap, Tuinroete en die KwaZulu-Natalse noordkus voortdurend gewild onder dié soort kopers, wat pryse opjaag.

Ongeag die ligging, in alle gevalle waar afstandwerk verrig word, word eiendomme met 'n ekstra vertrek wat as 'n kantoorruimte ingerig kan word, verkies.

Daarbenewens bly leefstyl- en veiligheidskomplekse ook voorkeurbestemmings. Fiksheids- en natuurliefhebbers bly aangetrokke tot landgoedere waar hulle kan gholf speel, draf, perd- of fietsry; asook wonings wat met volhoubare energie aangedryf word, en/of rugsteunkrag bied - alles teen 'n prys.

Intussen word aftree-dorpies of aftreeoorde ook al hoe gewilder. Voorheen het seniors afgeskaal na kleiner huise of woonstelle. Sommige het na ouetehuise verhuis terwyl ander by kinders gaan woon het.

Het jy geweet?

Suid-Afrika se eiendomsmark vir afgetredenes, wat 44000 of 2% huishoudings in 650 aftreeoorde en eiendomme huisves, verteenwoordig 'n klein maar betekenisvolle segment van die land se behuisinglandskap.

Die meeste huiseienaars ouer as 60 (2,8miljoen of 98%) woon egter in gesubsidieerde behuising (1,3 miljoen of 46%) of in nie-aftreebehuising (1,5miljoen of 52%).

Terwyl die meeste seniors tans in huise woon wat vroeër in hul lewe gekoop is, is die vraag na doelgerigte aftreegemeenskappe aan die toe- neem.

Dié tendens word aangedryf deur 'n groeiende senior bevolking, veranderende leefstylvoorkeure en toenemende finansiële sekuriteit onder ouer volwassenes.

Deesdae is moderne leefstyldorpies ver van 'n tehuis af en dit bied sekuriteit, gesondheidsorg, finansiële gemoedsrus en uitstekende geriewe en dienste.

Dít is die nuwe maatstaf in die lewe ná aftrede, wat jou die moeite van die bestuur van jou eie huis spaar.

Die leefstyl wat in hierdie nuwe tipe aftreeoorde aangebied word, is op gelyke voet of beter as om in jou eie huis te bly.

Hoewel beleggingseiendomme se glans in ander dele van die land tot 'n mate verdof het, bly hulle 'n staatmaker in veral die Kaapse metropool.

Die verlaging in die rentekoers behoort verdere aktiwiteit in hierdie segment te bewerkstellig.

Die verhoogde bekostigbaarheidspotensiaal maak ook gedeelde aankope tussen laer-besoldigde gades moontlik.

Hulle kon vantevore nie in aanmerking kom vir 'n huislening nie en is gedwing om te huur. Dié ontwikkeling kan meer eerstekeer-aankope stimuleer as tevore.

Bronne:https://www.ooba.co.za/resources/property-trends-south-africa/https:/propertywheel.co.za/2024/07/the-state-of-sas-property-market-q2-2024/#:~:text=House%20prices%20are%20still%20growing,fall%20significantly%20after%20deducting%20inflation.https://www.celsaproperties.com/news/market-predictions-and-trends-for-the-last-6-months-of-2024-what-to-expect-in-cape-towns-property/

GEBORG

The Retirement Collection

Die Devmark-eiendomsgroep se aftrede-eiendomme in die skilderagtige landskappe van die Wes-Kaap bied meer as net 'n huis - dit is die belofte van 'n nuwe lewenshoofstuk gekenmerk deur gemak, veiligheid en doelgerigtheid.

The Retirement Collection, wat ontwerp is om aan 'n verskeidenheid leefstyle te voldoen, bevat vier afsonderlike landgoedere. Elkeen bied natuurlike skoonheid, hoëgehalte-geriewe en 'n sterk gevoel van gemeenskap:

  • Imhoff Manor in Kommetjie;
  • Langebaan Manor in Langebaan;
  • De Zwartland Manor in Malmesbury; en
  • Helderberg Manor in Somerset-Wes.

Elke landgoed het 24-uur-sekuriteit, 'n klubhuis, gimnasium, biblioteek en meer wat jou lewe sal verryk.

Of jy nou op soek is na luukse huise, woonstelle of bystandsorgwoonstelle, Devmark se aftree-eiendomme bied 'n verskeidenheid opsies, waarvan die pryse by R1285000 begin.

As jy jou lewe lank gewerk het, is dit nou die tyd om 'n vervullende aftrede in een van Suid-Afrika se mooiste streke te oorweeg. Begin vandag jou volgende hoofstuk.

Besoek gerus retirementcollection.co.za vir meer inligting.

SPELETJIES VANDAG

CTA