Die Strandveld in die Overberg is wêreldbekend vir sy uitvoergehalte fynbos. Die goeie nuus vir voornemende fynbosboere is dat Michael James Organisation aan die einde van die maand 'n fynbosplaas asook roerende bates in dié omgewing opveil.
Die plaas van 422 2745 is geleë tussen die sendingdorpie Elim en Wolvengat. Dit bied ongelooflike uitsigte van die Indiese Oseaan en die Agulhas Nasionale Park, wat beteken daar is potensiaal om dit in 'n gasteplaas te omskep.

Die plaas het 'n groot verskeidenheid van fynbos, waaronder proteas, asook broodbome en sagopalms (Cycas revoluta) - ideaal vir uitvoer. Daar is oorgenoeg water en 'n sterk fontein.
Die huis op die plaas is nuut gebou en daar is ook 'n kweekhuis, skuur en pomphuis op die eiendom. Die munisipale waardasie vir die plaas is R3 690 000.
Daar word roerende bates opgeveil, waaronder konstruksie-toerusting, sleepwaens, twee vraghouers, krag- en handgereedskap, kwekeryplante en huishoudelike items.
Besigtiging: Sondag 19 November tussen 12:00 en 14:00
Veiling: Donderdag 30 November om 10:00
Plek: Wolvengatplaas, R43, Bredasdorp
Kontak:
- Samantha James: samantha@michaeljames.co.za
- Erik Reeder: erik@michael-james.co.za
- 021 851 7007 of besoek die webwerf michaeljames.co.za vir meer inligting en nog foto's.



















