Geleë in die hartjie van die goed gevestigde voorstad van Bothasig sal dié ruim 264 m²-drieslaapkamerhuis op 'n erf van 604 m² in Seestraat op veiling verkoop word.
Die woning bied 'n perfekte kombinasie van gemak, funksionaliteit en sjarme vir gesinne, onthalers, tuin-entoesiaste of nutsmense.
By die instap word jy gegroet deur 'n 48 m²-oopplansit-en-eetarea met 'n kaggel om die Kaapse koue af te weer, asook 'n binnebraai. Twee van die slaapkamers is ruim en met lugreëling versorg en ingeboude kaste. Hoewel kleiner, bied die derde slaapkamer 'n snoesige wegkomplek. Die gesinsbadkamer is netjies en funksioneel.
Die uniek rustieke skeepskombuis is 'n hoogtepunt van hierdie woning. Dit bied 'n oogvlakoond, elektriese kookplaat, uitsuigwaaier en ruim ingeboude kaste.
Na buite is die sprankelende swembad die fokuspunt van die buite-onthaalarea met 'n ingeboude braai en onderdak-pergola.
Die mooi, goed versorgde tuin bied twee sitareas vir heerlike ontspanning en vir die nutsman brei die dubbelmotorhuis uit in 'n werkwinkelarea met goeie ruimte vir projekte en as stoorplek. Die eiendom bied ook veilige parkeerplek vir drie voertuie.
Die huis is sentraal in Bothasig geleë naby skole, winkelsentrums en geriewe. Dit is slegs minute weg van De Grendel-wynlandgoed en die lewendige Durbanville-wynroete.
Veiligheid voer die bopunt met diefwering, veiligheidshekke en afstandbeheerde toegang tot die hoofhek en die motorhuis. Daar is ook verskeie ander aantrekkings tot die eiendom, soos lugreëling in twee slaapkamers, 'n binnenshuise kaggel, besproeiingstelsel, waskamer, twee 1 000-liter-watertenks en 'n 4 m x 3 m-houttuinhuisie vir ekstra stoorplek.
Die eiendom bied 'n aantreklike beleggingsgeleentheid met 'n potensiële maandelikse huurinkomste van R15 000 per maand. Dit sal vakant wees by oordrag, dus gereed vir onmiddellike intrek of verhuring.
"Dié goed versorgde huis in Bothasig is meer as 'n woning, dis 'n geleentheid vir 'n gemaklike gesinswoning of dit het uitstekende potensiaal vir verhuring," sê Tanya Jovanovski van Rawson Auctions Wes-Kaap.
Daar is wel 'n paar gebreke aan die eiendom wat aan die koper onthul sal word.
- Die eiendom word op 28 Augustus om 12:00 opgeveil met 'n reserweprys van R2,3 miljoen en 'n verwagte openingsbod van R2,280 miljoen. Alle botte sal egter oorweeg word, so moenie aarsel om te bie nie.
Kontak Walter Hansby of Angelina Polizzi onderskeidelik by 082 907 2333 of 068 599 1359 om besigtiging te reël of vir verdere inligting. Alternatiewelik kan Jovanovski gebel word by 079 980 3457.
Belangstellende partye word versoek om alle aanbiedings in te dien op die Rawson Auctions se standaardbepalings-en-voorwaardes-aanbod om te koop wat aanlyn beskikbaar is of 'n afskrif, wat beskikbaar is by auctions.info@rawson.co.za of 079 980 3457.


















