Saagmeule, bates te kry op veiling

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
PVA bied ’n aanlyn veiling.Foto: PVA
PVA bied ’n aanlyn veiling.Foto: PVA

'n Vooraanstaande Limpopo-gesetelde onderneming in gesaagde denneprodukte, Tshifhire Timbers (Edms.) Bpk. h.a. Shefeera Timbers (in sakeredding) is volgende op Park Village Auctions se aanlyn veiling.

Dit is die nuus van Park Village Auctions se Werner Burger, wat sê die verkoping verteenwoordig 'n uitstekende geleentheid vir beleggers.

Burger: "Met 'n groeiende vraag na hout, veral in die konstruksie- en die meubelvervaardigingsektor, het die regering aangemoedig om hout as 'n volhoubare boumateriaal te gebruik - dit blyk of daar 'n mark bestaan.

"Die aankoop van 'n gevestigde onderneming verminder aansienlike aanvangskoste vir kapitaaltoerusting en grond, wat die belegging des te meer lewensvatbaar maak. Die meeste ondernemings wat onder die sakereddingsvaandel verkoop word, het slegs 'n kapitaalinspuiting nodig om voort te gaan met bedrywighede - wat beleggers in staat stel om vinniger opbrengste te sien. Die feit dat gesaagde en behandelde produkte waarde verhoog voordat dit die verbruiker bereik, verhoog potensiële winste verder."

Die aanlyn veiling begin om 10:00 op Maandag 27 Mei en sluit op Vrydag 31 Mei om 12:00.

Die volgende bates sal verkoop word: Eiendom, bestaande uit erfnommer 2716, geleë te Groblerstraat 39, Louis Trichardt (Makhado), Limpopo (grootte: 10 4132 ha). Hierdie groot erf beskik oor kantoorgeboue, kleedkamers, personeelablusiegeriewe, werkwinkels, pakkamers, skure, en 'n drieslaapkamerwoonhuis met twee badkamers, 'n motorhuis, toegeruste boorgat, sementdam, motorafdakke en 'n veiligheidskantoor.

• Bates wat individueel verkoop moet word, bestaan uit 'n dubbelsnysaag, 'n veelskeursaag, bordsnyer en dwarssnysaag, kreosoot- en CCA-masjinerie met outoklawe en tenks, 'n CKM-vingerlasmasjien , Australiese Mizer- mobiele saagmeule met 'n raam en slypapparaat, Kupfer Muhler-skaaf/vormmasjiene, 'n deursnee-vingerlasmasjien en IWC-dubbelrandskaaf met 'n veelskeursaag, 'n Wadkin-tafelsaag, Jonsereds-dikteskaafmasjien en 'n Stenner-hipervertikale bandsaag, warmwatertenks en oonde, ontginning- en ander verskeie saagmeulverwante bates, werkwinkeltoerusting, 'n kompressor en kantoormeubels en allerlei toerusting­.

Voertuie sluit in Ford- en Mazda-bakkies, Bell-houthanteerders, 'n supervurkhyser, houtsleep­waens en Nissan Diesel-, MAN- en Mercedes Benz-vragmotors.

• Besigtiging sal op Dinsdag 28 Mei en Donderdag 30 Mei van 09:00 tot 15:00 op die perseel gehou word.

Vir verdere inligting, kontak Mvuyisi Booi by 082 778 6003 of e-pos auctions@parkvillage.co.za.

SPELETJIES VANDAG

CTA