Seeff Strand brei uit na Gordonsbaai

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die Gordonsbaai-hawe met die ikoniese GB-kenteken bo teen die berg met wit klippe uitgepak.
Die Gordonsbaai-hawe met die ikoniese GB-kenteken bo teen die berg met wit klippe uitgepak.

Dit was net 'n kwessie van tyd, danksy die volgehoue sukses en groei wat Seeff Strand sedert 2018 beleef het onder die nuwe bestuur van Alten Vermaak, dat die Strand-kantoor ook na sy skilderagtige buurdorp sou uitbrei en handelsregte vir Gordonsbaai bekom.

Dit is ons missie en doelwit om aan die Gordonsbaai-gemeenskap 'n ongelooflike eiendomservaring te bied asook dieselfde uitstekende diens te lewer wat tans deur al ons Strand-kliënte ervaar word.

Alten, wat vir byna 'n dekade saam met sy gesin in Gordonsbaai gewoon het, het 'n emosionele band met die dorp en waardeer elke aspek wat Gordonsbaai aan sy inwoners bied.

Die Seeff-eiendomsgroep wil eersdaags 'n nuwe kantoor in Gordonsbaai open om sy kliënte in die omgewing ten beste te dien.
Die Seeff-eiendomsgroep wil eersdaags 'n nuwe kantoor in Gordonsbaai open om sy kliënte in die omgewing ten beste te dien.

Dit is sy persoonlike doelwit om die eiendomsbedryf in Gordonsbaai na nuwe hoogtes te neem.

Hier is 'n paar interessante statistieke:

Die Strand-tak het in 2023 'n markaandeel van ± 20% geniet en het meer as 130 eiendomme suksesvol verkoop teen 'n totale waarde van sowat R250 miljoen.

Dit verteenwoordig 'n gesonde groei van 62% teenoor die vorige jaar.

Met die hulp van ons suksesvolle verkoops- en verhuringsagente, wat by Seeff se jaarlikse Wes-Kaap-toekenningsgeleentheid op 1 Maart 2024 met nie minder nie as 28 toekennings weggestap het, kan kliënte gerus wees van ons toegewyde en uitmuntende diens.

Die Seeff Strand en Gordonsbaai-kantoor kan gevind word in die Metropole Plaza-gebou in Kusweg 98, Strand.

Ons kantore is sewe dae per week oop, waar kliënte met ope arms deur 'n vriendelike, energieke span verwelkom word.

Ons doelwit is om binnekort 'n nuwe Seeff-kantoor in Gordonsbaai te open.

Hou gerus ons sosialemedia- platforms dop vir die jongste verwikkelinge.

Laastens wil ons graag die hele Strand- en Gordonsbaai-gemeenskap bedank vir hul volgehoue ondersteuning!

.

SPELETJIES VANDAG

CTA