As 'n mens op soek is na 'n gesogte adres, binne 'n kort stapafstand van Waterkloof se twee laerskole, en boonop 'n perfeksionistiese koper is wat hou van 'n tuin en woning wat min instandhouding verg - kom kyk na dié eiendom net minute se stap van die Laerskool Waterkloof.
Boonop is die onmiddellike omgewing, en met diplomaat-bure, uitstekend. Die eiendom is in die middel van 'n toegangsbeheerde gebied in Waterkloof geleë.

Verskeie N1-afritte by Fonteinesirkel of Garsfontein is almal minute se ry-afstand van hier af, terwyl Pretoria se gewildste winkelsentrums, hospitale en beste skole in die onmiddellike omgewing is.
Die hoofwoning is met oorleg en fyn aanvoeling knus gemoderniseer en so ingerig dat jou maandelikse instandhouding minimaal is. Die ruim, sonnige leefareas wat noord front, is uitstekend uitgelê en is 'n oopplan-ontwerp met die graniet- afgewerkte kombuis. Die kombuis is prakties, goed toegerus en het 'n gesellige granietontbythoekie met oorgenoeg kaste en plek vir alles en nog wat.
Daar is drie slaapkamers, almal met hul eie badkamers en toegerus met oorgenoeg ingeboude kaste. Die sonnige en suite-hoofslaapkamer het 'n lugversorgingstoestel en instapkas.
Een van Pretoria se gesogste tuinontwerpers het die tuin met groot aandag aan detail uitgelê en 'n mens gaan maklik wegkom met 'n tuinwerker wat net een keer per week of selfs elke twee weke hoef in te kom. Die ekstra groot dubbelmotorhuis het addisionele stoorplek.
Die eiendom is boonop in 'n sone waar beurtkrag nie plaasvind nie en dit is 'n puik koop-om-te-verhuur-eiendom vir diplomate met 'n maandelikse huurinkomste van sowat R25 000 haalbaar.
- Die woning is Saterdag tussen 11:00 en 14:00 op skou met aanwysers uit Julius Jeppe-, Crown- en Kloofstraat.
Kortliks:
Adres: Julius Jeppe-straat
Prys: R2 750 000
Erfgrootte: 890 m²
Gebouegrootte: 151 m²
Slaapkamers: 3
Badkamers: 3
Motorhuise: 2
Deelagent: Heiberg Estates. Kontak Bambie Heiberg by info@heibergestates.com of 083 654 3773 of Lauriann Vermaak by 082 858 7256.














