Eskom het Sondagoggend om 01:30 fase 6-beurtkrag ingestel weens probleme by die Camden-kragstasie.
Dit geld tot verdere kennisgewing.
Eskom het Saterdagmiddag fase 3-beurtkrag ingestel ná 20 dae sonder beurtkrag.
Dit was weens probleme by die Majuba- en Medupi-kragstasie.
Dr. Kgosientsho Ramokgopa, minister van elektrisiteit en energie, hou om 11:00 'n nuuskonferensie om te verduidelik oor die stand van die land se kragnetwerk.
Volg dit later regstreeks op Netwerk24.




















