Energie

Shell mag olie soek aan Weskus

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Betogers teen Shell se eksplorasieplanne aan die Wildekus by ’n Shell-vulstasie in Nuweland, Kaapstad, in Desember 2021.  Foto: Gallo Images
Betogers teen Shell se eksplorasieplanne aan die Wildekus by ’n Shell-vulstasie in Nuweland, Kaapstad, in Desember 2021. Foto: Gallo Images

Shell het toestemming gekry om tot vyf diepsee-boorgate langs die Weskus te sink.

Die oliemaatskappy het verlede jaar aansoek gedoen om eksplorasiewerk te doen in die ultradiep blok van die Oranje-kom, waar die water tussen 2 500 m en 3 200 m diep is.

Shell en ander oliemaatskappye, soos TotalEnergies, hoop dat die Oranje-kom langs die Suid-Afrikaanse grens ook goeie oliebronne sal hê, soos in Namibië.

"Indien volhoubare bronne aflandig gevind word, kan dit beduidend tot Suid-Afrika se energiesekerheid en die regerings se programme vir ekonomiese ontwikkeling bydra," het Shell in 'n verklaring gesê.

Geen skedules vir die boorwerk is verskaf nie.

Vorige pogings langs die Suid-Afrikaanse kus is deur die howe gestuit omdat voldoende openbare deelname nie plaasgevind het nie of omdat bevind is dit die seelewe skade sal berokken.

Suid-Afrika het die afgelope jare talle raffinaderye gesluit en is baie afhanklik van ingevoerde brandstof.

CTA