Die Franse betaaltelevisiereus Canal+ se verkryging vanMultiChoice is goedgekeur, wat 'n inspuiting van R30 miljard in Suid-Afrika oordie volgende paar jaar meebring.
Die Mededingingstribunaal het die groen lig vir dietransaksie gegee, onderhewig aan voorwaardes waaroor langer as 'n jaaronderhandel is. Dít nadat die tribunaal verlede week voorleggings aangehoor hetwaarin MultiChoice aangedui het sy toekoms is onseker sonder dié transaksieomdat dit moeilik is om met wêreldreuse soos Netflix mee te ding.
Canal+ het sy belang in MultiChoice geleidelik verhoogtotdat dit in Februarie 2024 die vlak van 35% verbygesteek het en 'n verpligteaanbod aan ander aandeelhouers vereis het, ingevolge noteringsregulasies.Canal+ het op 4 Junie R125 kontant per aandeel aan alle ander aandeelhouersaangebied. Canal+ besit op die oomblik nagenoeg 45% van MultiChoice.
Die voorwaardes sluit in wat die maatskappye in 'ngesamentlike verklaring 'n "robuuste pakket van gewaarborgde verbintenisse indie openbare belang" noem.
Die Mededingingskommissie het die besluit van die tribunaalverwelkom. Die kommissie het op 20 Mei aanbeveel dat die transaksie goedgekeurword.
Hardin Ratshisusu, adjunkkommissaris van dieMededingingskommissie sê die verbintenisse is meer as R30 miljard werd en sal'n positiewe impak op Suid-Afrika hê. "Veral die besteding aan plaaslike inhoudwat belowe is, sal enorme geleenthede vir inhoudskeppers skep."
Ander voorwaardes is dat wyer toegang tot sportgebeuregebied moet word waaraan Suid-Afrikaanse spanne deelneem.
Niemand by MultiChoice mag meer as drie jaar weens diesamesmelting afgelê word nie.
Luidens Canal+ en MultiChoice se verklaring sal dietransaksie die deelname van maatskappye van histories benadeelde mense en kleinondernemings in die oudiovisuele bedryf in Suid-Afrika ondersteun.
Finansiering vir plaaslike inhoud, insluitend sport, sal gehandhaaf word, "wat aan skeppers van plaaslike inhoud 'n sterk grondslag vir toekomstige sukses sal verskaf".
Die maatskappye is nou vol vertroue dat die transaksie voor die sperdatum van 8 Oktober voltooi sal word - nadat dit van April uitgestel moes word weens die gesloer van die owerhede.

Maxime Saada, uitvoerende hoof van Canal+, beskryf dit as 'n baie positiewe stap vorentoe "om twee ikoniese media- en vermaakmaatskappye te verenig en 'n ware kampvegter vir Afrika te skep".
Hy beklemtoon soos voorheen die skaal wat die samesmelting skep.
Calvo Mawela, uitvoerende hoof van MultiChoice, beklemtoon MultiChoice bly verbind tot die opheffing van die gemeenskappe waarin die groep bedrywig is en wil graag begin bou aan "iets buitengewoons: 'n wêreldwye media- en vermaakmaatskappy met Afrika in sy hart".
Die voorgestelde struktuur vir die maatskappy voldoen aan alle wetgewing, ook die Wet op Elektroniese Kommunikasie, wat bepaal dat 'n buitelandse firma net 20% mag besit van 'n maatskappy met 'n plaaslike uitsaailisensie.
Dit word bereik deur die uitsaailisensies vir Suid-Afrika te huisves in MultiChoice Edms. Bpk. Dis ook dié firma wat die kontrakte met Suid-Afrikaanse DStv- en Showmax-intekenaars aangaan.
MultiChoice Edms. Bpk. sal besit word deur die bemagtigingskema Phuthuma Nathi (27%), twee "gevestigde swartbeheerde maatskappye", Identity Partners Itai en Afrifund Consortium, en 'n werknemerstrust.
Die MultiChoice-groep se belang in die lisensiemaatskappy sal 49% wees, maar sy stemreg net 20%.
LEES OOK | Nuwe struktuur vir MultiChoice: Só wil Canal+ reguleerders paai
Hoewel MultiChoice ná die samesmelting sal denoteer, sal Canal+ 'n sekondêre notering op die JSE bekom. Daar is ook verbintenisse om die uitvoer van plaaslike inhoud te bevorder.
LEES OOK | Canal+ kry kommissie se ‘ja' om MultiChoice te koop (maar nog stappe nodig)





















