Tegnuus

Nuwe regulasies voorgestel om Netflix te laat opdok

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Internasionale stromingsdienste gaan dalk binnekort fooie moet betaal om in Suid-Afrika uit te saai, asook om meer plaaslike inhoud uit te saai. Foto: Showmax
Internasionale stromingsdienste gaan dalk binnekort fooie moet betaal om in Suid-Afrika uit te saai, asook om meer plaaslike inhoud uit te saai. Foto: Showmax

Stromingsdienste soos Netflix, Disney+ en Amazon gaanbinnekort dalk aan regulasies moet voldoen soortgelyk aan dié wat op analooguitsaaidienste in Suid-Afrika van toepassing is.

Dit is in 'n poging om seker te maak dat regulasieskonsekwent op alle uitsaaiers toegepas word.

Dit sluit in dat hulle óf meer plaaslike inhoud sal moet draóf beleggings sal moet doen in die plaaslike oudiovisuele bedryf.

Die departement van kommunikasie en digitale tegnologie hetvroeër in Julie 'n witskrif uitgereik oor nuwe planne vir die regulering vanoudio- en oudiovisuele mediadienste (AAVMS) en aanlyn inhoud.

'n Witskrif is 'n besprekingsdokument en gaan 'n wetsontwerpen/of nuwe regulasies vooraf. Dit gaan dus waarskynlik nog geruime tyd duurvoordat die idees in wetgewing vervat word.

Die oorspronklike regulasies is saamgestel toe mens slegsdeur middel van frekwensies kon televisie kyk of radio luister.

Dit het beperkings opgelê op die inhoud wat deurgelisensieerde uitsaaiers uitgesaai is. Inhoud moes gebalanseerde debat enopvoeding insluit, plaaslike inhoud bevorder, diverse programme hê en kindersteen skadelike inhoud beskerm. Dié regulasie het as dieopenbarebelang-rasionaal bekend gestaan.

Tans word stromingsdienste soos Showmax, Amazon, Disney+ enNetflix, wat in die witskrif as OTT-dienste (over-the-top services) beskryfword, nie gereguleer nie. Hoewel al die regulasies van ouds nie meer vantoepassing is nie, is die openbarebelang-aspek steeds daar.

Oorsese voorbeelde

Die departement het na suksesvolle internasionale modelle inBrittanje, Europa en Australië gekyk en sê die regulasies is daarop gemik ommediavryheid met openbare belang te balanseer, plaaslike inhoudproduksie testimuleer, platforms verantwoordbaar te hou en beskerming teen digitale skadete versterk.

"Baie lande worstel met die regulering van OTT-dienste - ofregulering wel nodig is, en indien wel, watter vorm dit moet aanneem," lui diewitskrif.

Daar is kommer dat maatskappye soos Netflix en Amazon geldin 'n land verdien, maar geen belasting betaal nie.

Dit is waarom die departement dit oorweeg om 'nregistrasiegeld op stromingsdienste te hef.

Plaaslike produksies

OTT-dienste gaan ook bykomend moet opdok indien hulle niegenoeg plaaslike produksies het nie.

"Daar is ook kommer dat OTT-dienste geen verpligtinge oorplaaslike inhoud het nie, terwyl uitsaailisensiehouers aansienlike verpligtingehet," lui die witskrif.

Televisiekanale moet op die oomblik 'n minimum persentasievan hul uitsaaityd op elke kanaal aan plaaslike produksies wy. Dit gaan deurdie Onafhanklike Kommunikasieowerheid van Suid-Afrika (Okosa) hersien wordsodat dit gemeet word oor die totale reeks kanale wat deur 'n uitsaaieraangebied word.

Waar dit nie moontlik is om die Suid-Afrikaanse inhoudskwotate bereik nie, kan die lisensiehouer kies om 'n bedrag geld of 'n minimumpersentasie van sy bruto inkomste in 'n fonds in te betaal wat die skep vanSuid-Afrikaanse inhoud ondersteun.

Dié regulering word nou ook vir OTT-dienste oorweeg.

Dit is nie in die witskrif duidelik watter persentasie vandie internasionale stromingsdienste se inhoud Suid-Afrikaans sal moet weesnie.

News24 berig dat lisensiehouers tans verplig word omminstens 15% van hul jaarlikse begroting vir die verkryging van inhoud tegebruik vir plaaslike inhoud, en dat minstens 40% van hul plaasliketelevisie-inhoud uit "onafhanklike televisieproduksies" moet bestaan.

Netflix se siening

Netfix is van mening dat indien 'n bydrae tot plaaslikeinhoud van aanlyn inhoudverskaffers verlang word, dit op die begroting virinhoudverkryging van toepassing moet wees en nie op bruto inkomste nie.

Netflix stel ook voor dat erkenning gegee word aan direkteekonomiese bydraes tot die oudiovisuele produksiesektor, soos direktelisensiëring van plaaslike inhoud, sowel as beleggings in beurse enkapasiteitsbou-inisiatiewe, asook produksies vir internasionale programme watplaaslik verfilm word.

Die witskrif maak nie hiervoor voorsiening nie.

Advertensies en produkplasing

Ingevolge die witskrif is daar 'n "regulatoriese wanbalans"wanneer dit by advertensies kom, aangesien adverteerders aanlyn dienste opmaniere gebruik wat nie op radio of televisie toegelaat word nie.

Produkplasing - wanneer 'n produk van 'n handelsmerk syverskyning in 'n reeks of fliek maak, teen betaling - moet ingevolge reguleringvan Okosa aan die einde van die program bekendgemaak word.

In die witskrif sê die departement produkplasing is 'ngebied waar die ingryping van die regering tot dusver beperk was, "maar wat diepotensiaal het om mededinging in 'n mark aansienlik skeef te trek".

Die witskrif wei nie verder hieroor uit nie, en ook nie ofdit net van toepassing op plaaslike produksies is en of dit vir internasionaleproduksies is nie.

• Netwerk24 het verskeie kere na die departement vankommunikasie en digitale tegnologie vir kommentaar en duidelikheid uitgereik,maar nog geen reaksie ontvang nie.

- stefani.terblanche@media24.com

https://www.news24.com/business/netflix-and-disney-may-soon-have-to-show-more-sa-content-20250722-1091

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM