MultiChoice keer groot dividend uit as deel van herskikking

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Canal+ besit tans 45% van MultiChoice, maar het nou toestemming om alle ander aandeelhouers uit te koop. Foto: Getty Images
Canal+ besit tans 45% van MultiChoice, maar het nou toestemming om alle ander aandeelhouers uit te koop. Foto: Getty Images

'n Buitengewone dividend van R1,375 miljard gaan aan MultiChoice-aandeelhouers uitbetaal word as deel van die herskikking van die maatskappy.

Van dié geld gaan R343,75 miljoen gaan aan Phuthuma Nathi, MultiChoice se aandelebemagtigingskema.

Die herskikking van MultiChoice word stapsgewys in werking gestel nadat die Mededingingstribunaal die groep se verkryging deur die Franse mediafirma Canal+ onlangs goedgekeur het.

Onder die voorwaardes is dat die maatskappy wat MultiChoice se uitsaailisensies hou, geskei word van die groter groep sodat verseker kan word dat nie meer as 20% van die stemreg in dié firma aan buitelanders behoort nie. Dit sou die Wet op Elektroniese Kommunikasie oortree.

MultiChoice sal 'n ekonomiese belang van 49% in die lisensiemaatskappy hê, maar slegs 20% van die stemreg.

Phuthuma Nathi se stemreg sal die grootste wees op 39%, teenoor sy ekonomiese belang van altesame 27%.

Die twee swartbemagtigde konsortiums wat albei R287 miljoen in die lisensiemaatskappy belê, gaan albei 'n ekonomiese belang van 9,5% hê, maar stemreg van 16,23%.

Dit is 13th Avenue Investments, 'n firma waarin Sipho Maseke, voormalige uitvoerende hoof van Telkom, 'n belang het, en die Identity Partners Itai Consortium (IPIC).

Ander mense wat 'n belang in 13th Avenue het, is Neo Lesela, Khanyisile Kweyama en Philisiwe Sibiya.

IPIC word besit deur beleggingsfirmas waarin Sonja de Bruyn, Maxwell Nyanteh, Talelani Moshapo, Ernest Kwinda en Eugene Govender belange het.

Dit kom daarop neer dat MultiChoice 26% van sy belang in die lisensiemaatskappy verkoop.

Hy verkoop ook 15% van sy belang in Orbicom, die seinverspreider wat die lisensies vir radiofrekwensiespektrum hou. Phuthuma Nathi se belang in Orbicom styg van 25% tot 40%.

SPELETJIES VANDAG

CTA