Tegnuus

DStv bring gelyktydige stroming op 2 toestelle terug

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
DStv het stroming vir ’n tweede toestel teruggebring. Foto: Verskaf
DStv het stroming vir ’n tweede toestel teruggebring. Foto: Verskaf

Die meeste DStv-kykers sal nou weer toegang hê tot gelyktydige stroming op enige twee toestelle, insluitend slimtelevisiestelle, skootrekenaars en selfone.

Dit geld alle Premium-, Compact Plus- en Compact-kliënte.

Veral sportliefhebbers sal breed glimlag hieroor aangesien SuperSport gewoonlik talle regstreekse sportgeleenthede op dieselfde tyd uitsaai.

Dit bied volgens MultiChoice groter buigsaamheid aan kliënte en maak dit makliker vir hulle om te kyk wat hulle wil, wanneer hulle wil.

Alleenstaande DStv Stream-kliënte sal ook voordeel trek uit die bykomende gelyktydige stroming op enige toestel.

Die jongste ontwikkeling bou op die DStv Stream-verbeteringe wat verlede jaar aangekondig is, waaronder wolk-PVR-funksionaliteit, wat opsies bied soos pouses, terugspeel vir tot 24 uur sonder 'n dekodeerder, kyk van die begin af en persoonlike aanbevelings.

Goeie nuus vir gesinne

"Namate meer Suid-Afrikaanse huishoudings 'n tweede skerm gebruik om hul individuele vermaak-keuses uit te brei, is die terugkeer van DStv se tweede-stroom-opsie goeie nuus vir gesinne. Met DStv se propvol sportkalender en wye keuse van algemene vermaakkanale, sal meer mense inhoud op dieselfde tyd kan geniet," lui 'n verklaring van DStv.

Byron du Plessis, uitvoerende hoof van MultiChoice Suid-Afrika, sê met die veranderende kykgewoontes en toenemende konnektiwiteit, is dit die regte tyd om die tweede stroom terug te bring om DStv se algehele waarde-aanbod aan te vul.

"Met die DStv Stream wat maandeliks meer as 150 miljoen keer gekyk word, gaan die platform voort om te groei."

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM