Die gras ook in SA groen

Ekwonder dikwels of ek eendag nadat ek geswot het my vesting in Suid-Afrika wilmaak of nie.

Telkemale,net soos baie van die jong generasie van Suid-Afrika, het ek besluit om eldersnes te skop.

Metdie inperking het ek egter besef dat Suid-Afrika my huis is.

Jean-Mare Maree Foto: Verskaf
Jean-Mare Maree Foto: Verskaf

DieSuid-Afrikaanse manier van dinge doen, het egter al verseker dat ek saam met 'npaar vriendinne huis toe was. Ek wonder of hierdie pêlle en hul familie besefhoe goed hierdie kuiers die siel doen.

Alis dit net vir 'n tydjie. Om deel te wees van 'n gesin as jou eie myle ver is.

Dielaataand-koffies om die kombuistafel of die koppie tee vroegoggend is iets watdie battery herlaai en 'n mens met dankbaarheid vul.

Daaris niks so lekker soos 'n paar tuisgemaakte maaltye nadat jy vir die afgelopeweek slegs van Two Minute Noodles en Provita-koekiesgelewe het nie.

Inhierdie land gaan mense uit hul pad om jou te help. Natuurlik skep sosialemedia baie graag die narratief dat die inwoners van die reënboognasie min hetwat hulle met mekaar verbind.

Daar'segter nog baie omgee en liefde vir die medemens onder mekaar oor.

Disglad nie vreemd om in Potchefstroom te sien dat 'n student vir die hawelosemense op straat kos of ander benodigdhede gee nie.

Daarword selfs by tye gebid vir die straatmense, of wie ook al dit nodig het.

Eksien mense wat ou tannies en ooms met hul trollies in die parkeerterrein helpen dan die pakkies selfs in die motor vir hulle laai.

Ouersen kinders wat mekaar langs die rugbyveld omhels.

Diegrootste ding wat onlangs in my lewe gebeur het wat weer vir my 'n liefde virmy land en sy mense gegee het, was toe my vriendin en haar familie hul huis virmy oopmaak sodat ek, totdat ek weer terug kan keer koshuis toe, by hulle kanbly.

Die laataand koffies om die kombuistafel is iets wat die battery herlaai en 'n mens met dankbaarheid vul, skryf Jean-Mare Maree. Foto: Unsplash
Die laataand koffies om die kombuistafel is iets wat die battery herlaai en 'n mens met dankbaarheid vul, skryf Jean-Mare Maree. Foto: Unsplash (Unsplashed)

Ekhet nog nooit so deel gevoel van enige ander huisgesin behalwe my eie nie. Myvriendin en haar twee sussies voel al soos my eie.

Ja,ons het al selfs inside jokes. My vriendin se ouershet van dag een af, toe ek hulle ontmoet het, my laat tuisvoel in hul huis; enhier kan ek enigiets deel.

Ja, ons het al selfs inside jokes.

Dieliefde en omgee wat ek gesien en ervaar het in my vriendin se huishouding,asook my niggie se vinnige kuier, laat my besef Suid-Afrika is enig in sysoort.

Diegras gaan altyd groener aan die ander kant van die draad wees en soms vergeetons as Suid-Afrikaners hoe groen ons eie gras werklik is.

Onskyk vas in die aaklige politieke prentjie van ons land of treur nog oor 'naaklige verlede waarvan ons die nagevolge steeds voel.

Moenievergeet om tydens hierdie pandemie steeds die gras water te gee nie om teverseker dat jy nie vergeet hoe uniek ons land en sy mense werklik is nie.

Elkeland het sy probleme en sy glorietyd, moenie dat die lekker kant vanSuid-Afrika jou verbygaan nie.

Staan'n bietjie terug en bewonder die skildery wat ons Suid-Afrika noem.

  • Jean-Mare Maree studeer BA Sielkunde met arbeidsverhoudinge aan dieNoordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus. Sy kom van Windhoek.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig dié vanNetwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier.
  • Volg ons op Instagram en Facebook!
Jean-Mare Maree, Noordwes-Universiteit

SPELETJIES VANDAG

CTA