Littekens is iets waarmee jy die res van jou lewe moet saamleef
Die pyn van dit is onverganklik
Dit is in jou as mens gekerf
Jy kan nie die tyd terugdraai en dinge verander nie
Jou littekens is wat jou maak wat jy is vandag
Dit spreek boekdele van jou storie
Dit is soos kuns op 'n portret waarvan jy die kunstenaar is.
Simbool van jou oorwinnings
Tydmasjien
Een kyk na dit en dit bring al die herinneringe terug
Die goeie en die slegte, afhangend van die littekens
Maar dit dien nie as 'n kwaksalwer nie.
Littekens is iets waarmee jy die res van jou lewe moet saamleef.
- Kenan studeer onderwys aan die Nelson Mandela-Universiteit en woon in Gqeberha.
- Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig die van Netwerk24 nie.
- Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier.
- Volg ons op Instagram en Facebook!
WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF? Maar jy wonder hoe dit werk? Kyk hierdie video:

















