Digkuns Dinsdag: ’n Student in die pandemie

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Janice Lawack
Janice Lawack

Ek voel leeg

afgemat, uitgeput

die angs kleef aan my soos stof,

wat ek graag net af-wil-skud.

Ek jaag sperdatums,

ek leer niks,

ek wil so graag net bietjie

rus

maar ek kan nie, want

dit voel asof elke sekonde wat ek my oë toe

knip

daar 'n nuwe taak is wat ek moet

submit.

Ek hardloop op empty,

my gemoed is laag

Ek hoop om hemelsnaam om aan die einde van die jaar net te

slaag

Die lewe van 'n student is glad nie maanskyn

en rose nie,

as iemand dit al ooit gesê het,

het hulle definitely gelieg.

  • Janice is 'n onderwysstudent in haar vierde jaar by die Nelson Mandela Universiteit. Sy woon in Clarkson in die Oos-Kaap.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig die van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier.
  • Volg ons op Instagram en Facebook!

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF? Maar jy wonder hoe dit werk? Kyk hierdie video:

Janice Lawack, Nelson Mandela-Universiteit

SPELETJIES VANDAG

CTA