kriminalisering van háár liggaam, háár keuse,
trane van ongeloof en woede op vroue-wange
wie se reg tot keuse nou in gevaar is, wie as
‘moordenaars' gebrandmerk word, veroordeel
word deur mense aan die buitewyke
van dit als, sans empatie of begrip,
die strate is 'n mallemeul protesbordjies,
rooi woorde op stofbruin karton oorgeërf
van die vorige generasie vrouens:
if you're against abortion don't have one
keep your laws off our bodies
protect reproductive rights
forced birth = violence
as jy nie woedend en vreesbevange is
hieroor nie (hetsy jy in Amerika is of nie)
is jy óf onkundig óf deel van die probleem.
- Suné studeer BA Taal en Kultuur aan die Universiteit Stellenbosch. Sy is tans 'n eerstejaar.
- Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig die van Netwerk24 nie.
- Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier.
- Volg ons op Instagram en Facebook!
WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF?
Maar jy wonder nog die heeltyd hoe dit werk? Kyk hierdie video.
















