Ek dink dit is veilig om te sê dat ons onsself in onbekende tye bevind.
Die derde vlaag van koronavirusinfeksies is aan die afplat, maar bespiegelinge en onsekerheid oor die entstof en ons verhouding met die ongenooide gas begin al hoe meer 'n permanente afdruk los.
As 'n student wat beoog om die regspraktyk te betree, word ek daagliks gekonfronteer met baie sterk menings of "feite", soos wat sommige mense hul menings beskou, aangaande die virus.
Die Handves van Regte bepaal duidelik dat elke burger die reg het op vryheid van keuse
Veral as dit kom by inenting.
Ek is glad nie 'n kenner op die gebied nie en my mediese kennis vat my net sover as wat Google my toelaat, maar ek weet darem hoe om die Grondwet te lees.
Die Handves van Regte bepaal duidelik dat elke Suid-Afrikaanse burger die reg het op vryheid van keuse, asook die reg op liggaamlike integriteit en privaatheid.
Vir my is die feit dat die meeste van die gesprekke waaraan ek deesdae blootgestel word, oordonder word deur "vlermuissop" en die almagtige "fizzer"-naald die grootste epidemie.
Moet my nie verkeerd verstaan nie, die virussiekte is glad nie iets om ligtelik op te neem nie en die impak daarvan kan klaarblyklik gesien word, maar dit het geen impak op jou reg nie.
Die onderwerp op hande is 'n baie sensitiewe saak en nie ek, al het ek self 'n sterk mening oor die saak, of jou ouers of die regering kan die besluit namens jou neem nie.
In die woorde van A.E. Samaan: "Vryheid is nie iets wat 'n regering aan jou gee nie. Dit is 'n reg wat geen regering wettig kan wegneem nie."

- Jean studeer LLB Regte by Varsity College in Pretoria.
- Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig die van Netwerk24 nie.
- Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier.
- Volg ons op Instagram en Facebook!
WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF? Maar jy wonder hoe dit werk? Kyk hierdie video:
















