‘Klein dorpie dalk rede vir enkellopend wees’

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Chrisna Marx  Foto: Verskaf
Chrisna Marx Foto: Verskaf

My storie is ietwat uniek, en God het 'n plan, maar ek glo ook dat my klein dorpie 'n groot rol speel.

Ek is in Potchefstroom gebore, maar ons het na 'n klein Noord-Kaapse dorpie verhuis toe ek maar tien jaar oud was. Vandag is die dorp ongetwyfeld groter as destyds, maar dit bly klein as jy dit meet aan wat hier gebeur, oftewel nié gebeur nie.

Ná matriek ontsnap ek uit hierdie dorpie, net om twee jaar later terug te trek.

Ek het gedink ek ken almal, maar binne twee jaar het hier verskriklik baie myne oopgemaak.

Soos al die ander myne stel die nuwes net 'n sekere persentasie mense uit die bestaande gemeenskap aan en kry die res van hul werknemers vanuit ander plekke.

Met ander woorde, ek ken nie meer almal nie, maar nie vir lank nie.

In klein dorpies gebeur daar net soveel soos wat die inwoners bereid is om te doen en is geleenthede net soveel soos wat die inwoners bereid is om te skep.

Omdat die inwoners egter gewoond daaraan was om na die naaste stad (200 km van hier) te ry vir inkopies en vermaak het hulle in daardie gewoonte verval.

Die enigste vermaak hier is dus die kerkbasaars, sportbyeenkomste, kroeë en die jaarlikse fees. Selfs ons parkies is nie meer 'n opsie nie.

Ek is 22 en steeds enkellopend. Ek het nog nooit 'n kêrel gehad nie en ook nog nie my eerste soen nie.

Die meeste jong mense op die dorp het hier groot geword en die res het werkgeleenthede by die myne gekry of is mediese studente wat hul praktiese jaar hier kom doen. Waar ontmoet jy al die nuwe jong mense? By die werk, die kerk of die kroeg? Gou het ek 'n paar deur die werk of kerk ontmoet, maar 'n kroeg is nie die plek vir my nie.

Ek werk nou tans by 'n kerk, maar ek doen baie van my werkin die gemeenskap en ontmoet dan mense buite die kerk-gebou.

Dié wat ek nog nie self ontmoet het nie, het ek deur vriende ontmoet of van gehoor en later ontmoet.

Anderhalf jaar later ken ek omtrent almal in die dorp.

Ek is 22 en steeds enkellopend. Ek het nog nooit 'n kêrel gehad nie en ook nog nie my eerste soen nie.

Laat ek verduidelik.

Ek het my waardes, geanker in God, ek verander dit net vir God of as Hy sê ek moet dit verander.

Ek het nie 'n lysie met voorwaardes vir my man nie, behalwe een, hy moet vir God lief wees en leef. Ek het in hoërskool al geweet dat my man nie noodwendig 'n plaaslike inwoner gaan wees nie en is nou selfs meer oortuig daarvan.

Daar is werklik net een jong boer op die dorp wat ek sal trou en vir hom en sy meisie wens ek al die beste toe, hulle is baie gelukkig en sy is ook nie plaaslik nie.

In Klerksdorp, waar ek ná matriek gewerk het, het ek 'n wonderlike persoon ontmoet, maar dit was nie bestem om meer as dit te wees nie.

Vir nou is dit wat dit is. Ek is gelukkig.

Ek is 22. Nog nooit verlief nie, my hart is nog nooit gebreek nie. Natuurlik is daar eensame tye, maar weet jy wat? My tyd alleen is tyd met God, en dit is besonders. Hy weet die beste!

  • Chrisna studeer teologie aanlyn aan die Suid-Afrikaanse Teologie Seminaar (SATS). Sy is in haar derde jaar.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig die van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier!
  • Volg ons op Instagram en Facebook!

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF? Maar jy wonder hoe dit werk? Kyk hierdie video:

Chrisna Marx, Sats

SPELETJIES VANDAG

CTA