Resensie: Spoegwolf se ‘Droombrief’

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Emile Muller Foto: Verskaf
Emile Muller Foto: Verskaf

Dis hier. Spoegwolf-aanhangers kon uiteindelik op 22 Maart terug sit en hoofsanger, Danie du Toit, se meesleurende stem op die groep se jongste album, Droombrief, geniet.

Apple Music beskryf dit gepas as alternatief, want dit is tog waarna Spoegwolf nog altyd in sy storievertelling strewe.

Dit is juis hierdie manier van "stories vertel" van musiek maak wat Spoegwolf so gewild in die Afrikaanse musiekgemeenskap maak. Of dit beplan was deur Spoegwolf of nie, Suid-Afrikaners is baie lief vir stories vertel en hierdie genre gee Afrikaanse sangers die geleentheid om op hierdie lus vir stories te speel.

Droombrief
Droombrief (Verskaf)

Wanneer dit kom by stories vertel deur Afrikaanse musiek is daar min wat kom by Laurika Rauch se stem en styl wat hierdie genre bekend gemaak het.

Dit is hierdie stem en styl van sang waarmee die huidige en vorige geslag van sangers soos Danie du Toit grootgeword het.

So of dit beplan was of nie, Spoegwolf het hierdie nis in die Afrikaanse kultuur en musiek geïdentifiseer en daardeur het sy getal aanhangers net gegroei.

Spoegwolf het ook besluit dat hoewel Laurika se manier van sing mooi is, wil hy dit op 'n alternatiewe manier aanpak. Spoegwolf het besluit om stories te vertel op 'n manier wat sy luisteraars op 'n persoonlike vlak aanraak. Dié taktiek blyk duidelik op sy jongste album.

Dit gee die gevoel van stabiliteit en dat niks verander het nie.

Luisteraars sal dadelik tuis voel met die klank en algemene gevoel wat Droombrief bied.

Danie en die begeleidende musiek sal luisteraars herinner aan Spoegwolf se kalm en georganiseerde manier van sing in 'n atmosfeer van chaos.

Dit gee die gevoel van stabiliteit en dat niks verander het nie - maar dat die groep tog groei en sy styl van musiek ook op 'n volwasse manier groei.

Met "Bring my Geweer", die eerste lied, hoor jy duidelik Spoegwolf se invloed op beide die woorde en die wysie.

Dis amper onmoontlik om nie 'n emosionele band met die verhaal te bou nie. Daar is geen koor nie en die lied is eerder 'n diep storie wat Danie vertel.

"Bring my Geweer" vertel die verhaal van 'n ou man wat op sy sterfbed lê en terugdink aan sy lewe en wonder wat sy nalatenskap sal wees. Die luisteraar voel dus baie geneig om te assosieer met die menslike eienskap van die storie.

Die gevoel dra deur na ander liedere in die res van die album.

So skep "Raas in die straat" ook 'n menslike storie, maar een wat baie meer romanties en intiem is, al is dit net elf strofes en twee paragrawe lank.

Die intieme gevoel kom ook deur in "Donker". Dié lied vertel van 'n mens wat smag na sy geliefde van die verlede. "Donker" vertel ook van hierdie mens se verwyte en wat hulle sou doen om die verhaal te kon oorskryf.

In elkeen van hierdie bogenoemde stories kan die luisteraar die emosionele verband nie net voel nie, maar ervaar.

Dit is hierdie ervaring wat 'n mens 'n lok om Spoegwolf beter na te vors en ook weer na sy ouer liedjies te gaan luister.

  • Emile studeer om 'n forensiese rekeningkundige en geoktooieerde rekenmeester te word.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig die van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier.
  • Volg ons op Instagram en Facebook!

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF? Maar jy wonder hoe dit werk? Kyk hierdie video:

Emile Muller, Noordwes-Universiteit

SPELETJIES VANDAG

CTA