Voorval aan US ‘skok nie’

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Salena Fourie
Salena Fourie

Die eerste keer toe ek hoor van die voorval in Huis Marais op die kampus van die Universiteit Stellenbosch (US), was dit vir my en vele ander medestudente nie 'n skok nie.

Dít is waarna Stellenbosch moet kyk. Baie sal sê dat hierdie voorval niks met ras te doen het nie en dat dit miskien 'n blote grap was. Ek stem egter nie saam nie. Ons kan nie die magsongelykheid hier ignoreer nie en dit is ongelukkig een van die dinge waarmee ons land se geskiedenis ons gelaat het.

Die feit dat die beskuldigde hierdie brutale stap gedoen het, wys vir ons dat hy eerstens nie die slagoffer as 'n gelyke beskou nie en dat hy sy menswaardigheid so gereduseer het dat hy geglo het hy het die reg om op iemand anders se besittings te urineer.

Dié voorval is bloot 'n weerkaatsing en resultaat van talle vorige rassistiese voorvalle wat blatant deur die US geïgnoreer word.

Dié voorval is bloot 'n weerkaatsing en resultaat van talle vorige rassistiese voorvalle wat blatant deur die US geïgnoreer word. Deur die universiteit se konstante uitstel daarvan om rassekwessies soos hierdie die hoof te bied, word dié soort kultuur, soos geïllustreer deur die Huis Marais-voorval, net aangemoedig.

Die studente se wekroep dat die universiteit behoorlik moet optree, is iets wat lankal moes gebeur het. Dit is egter hartseer om te sien dat hierdie wekroep en gepaardgaande protesoptrede steeds beskou word as iets wat net vir swart studente van belang is.

Enigiemand wat hierdie protesoptrede aanlyn dophou, besef dat die universiteit se studente nie saamstaan nie. Daar is geen balans in die verhouding tussen wit en swart studente by die optog nie.

Wit, Afrikaanse mense op Stellenbosch moet hul voorregte en mag wat reeds in hul identiteit in 'n Suid-Afrikaanse omgewing vasgestel is, inspan om hierdie rasse-ongelykheid op kampus reg te stel. Net omdat iets wat sleg is nie regstreeks met jóú gebeur het nie, beteken nie jy moet dit ignoreer nie.

As jou stem mag en voorreg verteenwoordig, gebruik dit!

As jou stem werk, gebruik dit. As jou stem volume kan byvoeg, gebruik dit. En as jou stem mag en voorreg verteenwoordig, gebruik dit!

Hoe meer studente saamstaan, hoe beter word die kans dat die US vinniger behoorlik aandag aan sy rassisme-probleem gaan gee. Ons sien dit met baie protesoptrede en beroepe op tersiêre instellings waar studente verandering eis. Die doel word die meeste van die tyd net bereik as studente se stemme saamsmelt en een word. As Stellenbosch-studente as 'n enkele massa voor die universiteitsbestuur staan, sal die universiteit geen ander keuse hê as om te luister en op te tree nie.

Ek sê dus weer eens: as jou stem werk, gebruik dit. As jou stem volume kan byvoeg, gebruik dit. En as jou stem mag en voorreg verteenwoordig, gebruik dit!

  • Salena is 'n vierdejaarstudent in joernalistiek aan die Rhodes-Universiteit.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig die van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier.
  • Volg ons op Instagram en Facebook!

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF? Maar jy wonder hoe dit werk? Kyk hierdie video:

Salena Fourie, Rhodes-Universiteit

SPELETJIES VANDAG

CTA