Wanpersepsie van perfeksie

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Kyla Prins Foto: Verskaf
Kyla Prins Foto: Verskaf

"Perfectionism is the voice of the oppressor, the enemy of the people. It will keep you cramped and insane your whole life, and it is the main obstacle between you and a shitty first draft. I think perfectionism is based on the obsessive belief that if you run carefully enough, hitting each stepping-stone just right, you won't have to die. The truth is that you will die anyway and that a lot of people who aren't even looking at their feet are going to do a whole lot better than you, and have a lot more fun while they're doing it." - Anne Lamott, Bird by Bird: Some Instructions on Writing and Life

So lank as wat ek kan onthou is ek op reis na perfeksie. Voorgeskryf deur die samelewing se idee van perfeksie en op een of ander manier het ek nooit die mas opgekom nie.

Altyd nog een flaw waaraan ek moes werk voordat ek goed genoeg sou wees.

Ek dink nou terug aan al die kere wat ek myself met onrealistiese vereistes teleurgestel het. Dis eintlik hartseer, om te dink dat ons almal so behep daarmee op hoërskool was.

'n Paar jaar later op universiteit staar ek weer dieselfde monster stip in die oë, maar nie op die manier wat ek dit al voorheen ervaar het nie.

Hierdie behoefte aan perfeksie syfer deur in my akademiese werk. Met die ewige stryd na graadvang, het my vrees vir mislukking hulle self vervorm na die smagting om alles die eerste keer reg te doen.

Dis eers toe 'n dosent noem dat sy self met perfeksie gesukkel het, dat ek besef ek is nie alleen nie. Elke student beleef dit - die smagting na perfek lei keer op keer na uitstel.

Ons durf nie met iets sukkel wat ons as beginner aanpak nie, want hoe gaan die samelewing jou nie daarvoor oordeel nie?

Alewig hardloop die gesegde practice makes perfect deur my gedagtes en dan wonder ek hoeveel ander mense, nes ek, vasgepen voel deur die idee van perfeksie.

Die gesegde moet eintlik sê practice makes improvement, want perfeksie is die belaglike standaard waaraan net mooi niemand kan voldoen nie.

  • Kyla studeer B.Rek aan die Universiteit van die Vrystaat en is in haar derde jaar.
  • Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig die van Netwerk24 nie.
  • Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier.
  • Volg ons op Instagram en Facebook!

WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF?

Maar jy wonder nog die heeltyd hoe dit werk? Kyk hierdie video.

Kyla Prins, Uv

SPELETJIES VANDAG

CTA