Die Hoërskool Menlopark in Pretoria se matriekklas van 2024 het die skool se reputasie as 'n baken van uitnemendheid gestand gedoen deur weer puik matriekuitslae te behaal.
Met 768 onderskeidings en 85 leerlinge wat met A-gemiddeldes spog, is dit duidelik dat die Hoërskool Menlopark vlerke aan leerders se akademiese drome gee. Volgens die skoleondersteuningsentrum se 2024-matriekverslag, is die Hoërskool Menlopark die gemengde skool met die meeste onderskeidings per kandidaat.
By die Hoërskool Menlopark word leerlinge aangemoedig om wiskunde te neem. Daarom het die skool een van die grootste wiskundegroepe in die distrik en slaag dus met onderskeiding daarin om leerlinge doeltreffend op die toekoms voor te berei.
Dié skool is 'n spilpunt van bedrywighede waar daar onbeperkte geleenthede aan elke Parkie gebied word om sy of haar potensiaal op akademiese, kultuur- en sportgebied te bereik. #jouplekismenlo #onsplekismenlo
Die top 30-presteerders




Die blad is betaal en die inhoud verskaf deur dieadverteerder. Netwerk24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geadverteerdedienste of produk nie.






















