In die video word sakesektors en besigheidsomgewings bespreek.
Die video behandel die elemente van die PESTWO-model.
In die video word die berekening van die opbrengs op 'n vaste deposito bespreek.
Hierdie video behandel die verskillende stadiums van 'n span se ontwikkeling.
In hierdie video word die prosedure wat tydens 'n onderhoud gevolg moet word, verduidelik.
In die video word die berekening van onderversekering bespreek.
Hierdie video behandel die verskille tussen versekering en assuransie.
Die video kan jou help om elemente van totale gehaltebestuur te identifiseer en die impak daarvan te evalueer.
Die video behandel Die Wet op Breëbasis- Swart Ekonomiese Bemagtiging en moontlike eksamenvrae daaroor.
Die video behandel seksuele teistering in die werkplek en moontlike eksamenvrae daaroor.
Hierdie tema is baie belangrik aangesien dit dikwels in eksamenvrae voorkom.
Die video behandel hoe vrae oor beleggingsopsies beantwoord kan word.
Verskeie aspekte van dié onderwerp kan in eksamenvrae voorkom.
Menseregte, inklusiwiteit en omgewingskwessies
In die video word verduidelik hoe vrae oor die beskerming van werknemers se gesondheid en veiligheid beantwoord kan word.
In die video word ondernemingsvorme en die impak daarvan op die sukses van die onderneming behandel.
Bepalings en voorwaardes
Die Huisgenoot 100 matriekvrae-video's en -inhoud op Huisgenoot.com gee aan geregistreerde of betalende intekenare van Netwerk24 toegang tot 'n verskeidenheid Afrikaanse video's wat as bykomende hulp met matriekskoolwerk en voorbereiding vir die matriekeksamen aangewend kan word. Hoewel ons redelike stappe geneem het om die korrektheid, nut en relevansie van die inhoud en inligting in die Huisgenoot 100 matriekvrae-video's na te gaan, gee Huisgenoot geen waarborge daaromtrent nie. Jy gebruik die Huisgenoot 100 matriekvrae-video's (en die inhoud en inligting wat die video's bevat) op jou eie risiko en jy aanvaar volle verantwoordelikheid en risiko vir enige verlies, skade, onkoste, leed en dies meer wat uit sodanige gebruik kan voortspruit of daarmee verband kan hou. Huisgenoot en Media24 is nie aanspreeklik vir enige verwante verlies, skade, onkoste, leed en dies meer nie. Kliek hiervir die volledige bepalings en voorwaardes (Gebruiksbepalings).
Deur toegang te versoek of te verkry tot die Huisgenoot 100 matriekvrae-video's en inhoud, of enige van die Huisgenoot 100 matriekvrae-video's en -inhoud te besoek, besigtig of gebruik (i) bevestig jy dat jy bewus is van en vertroud is met die Gebruiksbepalings, daartoe toestem en daaraan gebonde is, en (ii) vrywaar jy Huisgenoot en Media24 - en hou jy Huisgenoot en Media24 skadeloos - ten opsigte van enige en alle verlies, skade, onkoste, leed en dies meer wat op enige manier voortspruit uit of verband hou met die kyk of gebruik van die Huisgenoot 100 matriekvrae-video's en -inhoud of enige onbeskikbaarheid daarvan om enige rede.


















